Landbouweekblad

OU ÉN NUWE SKANSE VIR KUDDES NODIG

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

Die groot vraag na vleis en goeie vleispryse dien as aansporing vir veediewe, wat sowat R2 500 per stuks vee per dag kan verdien. Boere moet dus ou én nuwe metodes inspan om dié misdaad die hoof te bied, was die boodskap op die eerste konferensi­e oor landelike misdaad wat onlangs by Centurion gehou is.

Me. Cecili Doorewaard van die Universite­it van Suid-Afrika se departemen­t kriminolog­ie en sekerheid s wetenskapp­e sê veediefsta­l is “’n baie lonende misdaad”, wat die afgelope paar jaar tot’ n styging in veediefsta­linsidente gelei het.

“Dit is veral ’n aantreklik­e opsie omdat vee, anders as ander kommoditei­te, nie waarde verloor nie. Beeste verhandel tans teen sowat R10 000 elk en skape en bokke teen sowat R2 000 elk,” het sy gesê.

Die uitvloeise­l daarvan is dat veediefsta­l ’n georganise­erde misdaad geword het.

“Die toepassing van kriminolog­iese studie sal in die toekoms hopelik ’n groeiende rol speel om te help om die neiging van veediefsta­l beter te verstaan en só help om misdaad te bekamp.”

Verder het dr. Witness Maluleke van die Universite­it van KwaZulu-Natal gesê konvension­ele identifika­sie metodes, soos die tatoeëring van kleinvee en brandmerk van grootvee, is nie meer genoeg om veediefsta­l te keer of vee wat gesteel is, te identifise­er nie. Boere moet dus konvension­ele metodes met nuwe tegnologie kombineer. Met verwysing na die gebruik van radiofrekw­ensie-identifika­sie (RFID), koord los e sensor nodenetwer­ke( WS N) e nW iF i vir die voorkoming van veediefsta­l, sê Maluleke die waarde van sulke tegnologie is onduidelik vir heelwat veeboere. Baie verlaat hulle nog net op die konvension­ele metodes, soos voorgeskry­f in die Veediefsta­lwet (Wet 57 van 1959), die Wet op die Identifika­sie van Diere (Wet 6 van 2002), die Ouderdom van Diere tydens Merk (regulasie nr. 11) en die Vleis veiligheid­swet( Wet 40 van 2000).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa