LANDBOUNUUS UIT AFRIKA
1 NIGERIË | Kom bemarkingsrade terug?
Die Nigeriese federale regering beoog ’n nasionale gesprek oor die voorgestelde herinstel i ng van landbou bemarkingsrade, sê mnr. Au du Ogbeh, di eland se minister van landbou.
Ogbeh het op ’n herdenking van die land se onafhanklikheidswording gesê die rade het verseker dat landbouprodukte aan die vereistes van uitvoerbestemmings voldoen. Sedert di tin 1974 (tydens die land se eerste militêre bewind van 1966 tot 1979) afgeskaf is, was daar egter min mense wat aan boere verduidelik het hoe om gewasse te verbou en te kweek ten einde uitvoermarkte tevrede te stel. Ogbeh meen dit is nodig dat belanghebbendes in die landbou-waardeketting die invloed en probleme van dié rade bespreek om te besluit of dit heringestel moet word. — Premium Times
2 MALAWI | Regering moet keer oor saad
Die Malawiese regering is onder druk om die gebruik van nie-kommersiële saadkultivars te verskans in wetgewing wat tans hersien word. Aktiviste waarsku dat die huidige beleidsvoorstelle vir die voorgenome wetswysigings oor teelregte inheemse saadkultivars ignoreer en daarmee saam ’n sektor wat beduidend tot kosproduksie bydra.
Die regering het onlangs aangekondig die wysigings mik om die kommersiële regte van plantkwekers, saadgehalte en dus die landbousektor as geheel te versterk. Kritici van die nuwe reëls sê egter die wetgewing lê meer klem op die beskerming van kommersiële saadmaatskappye as voedselsekerheid. — Thomson Reuters