KORTOM
Met ’n groeiende, verstedelikende bevolking is daar in Suid-Afrika ’n groeiende mark vir boere se produkte, ondanks die politieke en misdaadprobleme in die land. In die afgelope dekade was daar ’n groot verskuiwing vanaf die lae-inkomstegroepe na hoërinkomstegroepe Suid-Afrikaners het in die jaar tot einde Junie sowat R638,4 miljard aan voedsel, drank en tabak bestee.