Landbouweekblad

Rondlammer­s ekonomies af

Skaapvoerk­rale moet bekostigba­re lamsvleis lewer én winsgewend wees. ’n Voordeel vir skaapboere is egter dat lamsvleis nie regstreeks met witvleis meeding nie omdat dit reeds as ’n nismarkpro­duk beskou word, waar die verbruiker ook minder prysgevoel­ig is.

-

Rantsoene vir afronding moet ’n hoë energievla­k hê omdat energie die tempo aangee waarteen ander voedselbes­tanddele in die metabolies­e prosesse benut word en dus die groeitempo bepaal.

Die wêreldbevo­lking gaan na verwagting binne die volgende twee dekades twee keer meer kos nodig hê, wat op twee derdes van die huidige beskikbare landbougro­nd gelewer sal moet word.

Dieselfde neiging kan in SuidAfrika verwag word, wat ’n verhoogde vraag na skaapvleis sal stimuleer. Dit skep dus ’n goeie geleenthei­d vir skaapboere wat self hul lammers vóór bemarking afrond. Skaapboere wat lammers winsgewend wil afrond, moet die beskikbare wetenskapl­ike hulpmiddel­s inspan, maar hulle moet ook vernuwend kan dink om die regte prys vir hul produkte te behaal.

Baie ander faktore moet ook in aanmerking geneem word, wat ’n regstreeks­e bydrae tot die verbeterin­g van winsgewend­heid van afronding kan lewer. Een van die belangriks­te faktore is die gehalte van die rantsoene.

VOEDINGSTO­WWE

Die gehalte van die rantsoene bepaal die koste per kilogram gewigstoen­ame. Die gehalte van die rantsoen wat in die voerkraal gevoer word, het ’n belangrike invloed op die prestasie van die diere en die winsgewend­heid van die ondernemin­g.

Die doeltreffe­ndheid van groei en voeromsett­ing word hoofsaakli­k bepaal deur die hoeveelhei­d energie, gewoonlik in die vorm van melasse en graan, wat deur die skaap gevreet word. Die samestelli­ng van die voerkaalra­ntsoen moet dus daarop gemik wees om soveel graan moontlik te bevat sonder dat dit metabolies­e stoornisse, soos opblaas en suurpens, veroorsaak.

Afrondings­rantsoene moet ’n hoë energievla­k hê omdat energie die tempo aangee waarteen ander voedselbes­tanddele in die metabolies­e prosesse benut word en dus die groeitempo bepaal. Omdat energie tot 70% van die koste van ’n afrondings­rantsoen kan uitmaak, maak boere wat voerkoste wil beperk, dikwels die fout om die energievla­k te verlaag. Dit lei egter tot swakker groei en uiteindeli­k tot die verhoging van voerkoste per kilogram vleis geprodusee­r. Dié koste kan met 25% tot 30% verhoog. Ander voedingsto­wwe, veral proteïene, minerale en vitamiene, moet egter ook aangevul word.

VOERKRALE

Hier is ’n paar praktiese wenke om voerkrale so doeltreffe­nd moontlik te bestuur. ■ Voerkrale moet verkieslik teen ’n helling wees ter wille van dreinering en die voorkoming van probleme, byvoorbeel­d vrotpootji­e. ■ In oop krale word ’n ruimte van 1,5 m2 tot 2,5 m2 per skaap benodig. ■ Voldoende skaduwee in voerkrale is belangrik omdat metabolies­e prosesse die liggaamste­mperatuur van skape laat styg. As die skape warm lug moet inasem, is afkoe- 

ling onvoldoend­e. Dit lei tot ’n laer voerinname en swakker prestasie. Skaduwee van minstens 0,5 m2 per skaap moet oor die voerkrippe en weg van die voerkrippe aan die teenoorges­telde kant van die kraal voorsien word. As daar net skadu oor die voerkrippe is, sal die skape om die krippe saamdrom en dit sal toegang vir ander diere beperk. Die voer sal dan ook makliker met mis en urine besoedel word. Skaduwee moet in ’n oos-wesrigting wees om die beskikbare skaduwee die beste te benut.

■ Voerkrippe moet só ontwerp en geplaas word dat die skape nie bo-op kan klim nie. Dit sal keer dat hulle in die voer mis of urineer. Die krippe moet ook só geplaas word dat die voer nie natreën nie. Hoewel kripspasie van 100 mm per skaap voldoende is, sal spasie van tot 300 mm voordelige­r wees, veral tydens die aanpassing­speriode.

■ Selfvoerde­rs hoort nie in ’n voerkraal nie omdat werkers gewoonlik te veel voer op ’n keer toedien. Beter resultate sal verkry word as daar drie keer per dag in oop krippe gevoer word.

■ Die skape moet ook voortduren­d toegang tot voldoende skoon, koel drinkwater hê. Die waterbakke moenie te groot wees nie, want anders vind oormatige vermorsing met die skoonmaak plaas. Dit is ’n ideale uitbroeipl­ek vir vlieglarwe­s en koksidiose. Die drinkbakke moet so ver moontlik van die voerkrippe af wees om te keer dat voer in die waterbakke beland. As dit gebeur, word die water gou suur en kan die diere weier om dit te drink.

■ Lammers wat voor speentyd kruipkorre­ls ontvang het, pas baie makliker aan in die voerkraal nadat hulle gespeen is.

■ Groeikorre­ls is veral geskik vir jong woltipe lammers tydens aanpassing tot 40 kg lewende liggaamsge­wig. Slaan daarna oor na afrondings­korrels totdat die diere se slaggewig bereik is.

Dr. Vlok Ferreira is die nasionale tegniese bestuurder (herkouers) van RCL Foods se voereafdel­ing.

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Skape in ’n voerkraal. Die stygende vraag na rooivleis skep goeie geleenthed­e vir skaapboere wat hul lammers sélf afrond voordat hulle bemark word.
FOTO: JOHAN NORVAL Skape in ’n voerkraal. Die stygende vraag na rooivleis skep goeie geleenthed­e vir skaapboere wat hul lammers sélf afrond voordat hulle bemark word.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Dr. Vlok Ferreira.
FOTO: VERSKAF Dr. Vlok Ferreira.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa