Landbouweekblad

Groot pryse beloon wenboere

Du Pont Pion eers e Weeg-en-Wen™ opbrengs kompetisie daag mielie-en sojoboonbo­ere uit om met hul beste opbrengs per hektaar teen mekaar mee te ding.

-

Di e Weeg-en-Wen ™- opbrengs kompetisie is nie net beperk tot aanplantin­gs uit dieprodukm­andjie van Pioneer nie. Enige boer van 18 jaar of ouer wat op meer as twee hektaar boer, kan met enige geregistre­erde kultivar van enige saadmaatsk­appy deelneem.

Dit kos R1 000 om in te skryf. Boere moet voor ’n bepaalde tyd in Julie hul uitgesoekt­e lap mielies of sojabone van minstens twee hektaar stroop en hul verslag indien. Die oesproses, asook die leweringsp­roses en finale weeg van die vrag word deur twee aangewese toesighoue­rs nagegaan. Die volledige stel kompetisie­reëls is by

www.weegenwen.co.za te sien.

PRYSE OP DIE SPEL

DuPont Pioneer is die hoofborg. John Deere en Syngenta is die medeborge. Santam Agri, FNB en Senter360 bied bykomende borgskappe.

“Elke borg maak dit vir ons moontlik om deelnemers aan dié kompetsie te beloon met fantasties­e pryse. Die agt kategoriew­enners kry elk pryse ter waarde van R50 000,” sê mnr. Du Preez Kritzinger, bemarkings­bestuurder van Du Pont Pi oneer

DUPONT PIONEER

Mnre. Heinz Oellermann, sakebestuu­rder by DuPont Pioneer, en Emile van den Berg, hooflandbo­ukundige, het op die prysuitdel­ing s geleenthei­d gesels oor die maatskappy se vooruitgan­g en hoe dit boere help.

Met Pioneer, Pannar Saad en Dow Agro Science nou saam in die DuPont-stal kan boere uitsien na nóg meer voordele wat daaruit spruit.

DuPont het die afgelope paar jaar R100 miljoen belê in die Afrika-tegnologie sentrum, wat tans ’n groot aantal wetenskapl­ikes en bekwame tegnici vanuit Afrika in diens het.

Plaaslike navorsing, by verskeie geriewe in Suid-Afrika en elders op die vasteland, word deur geriewe soos hierdie ondersteun: Die Delmas-tegnologie sentrum, wa top navorsing in die belangrike oostelike produksies­treek toegespits is, huisves ’n mielie-en’ n sonneblomp­rogram, asook sleutel navorsings geriewe van Pi oneer en Pannar, unieke kiemplasma, asook talent en ondervindi­ng wat saamsnoer om kultivarte­ling en -ontwikkeli­ng vir Afrika te bevorder. ’n Navorsings­entrum op Hoogekraal (naby Klerksdorp) doen navorsing op verskeie gewasse vir DuPont Pioneer en Pannar met die klem op droogte verdraagsa­amheid in die westelike streke. Afrika se grootste private insektariu­m. Hier kyk navorsers en tegnici na die ontwikkeli­ng van eienskappe om vernietige­nde plae, waarvan sommige uniek aan die vasteland is, doeltreffe­nd te bestuur.

JOHN DEERE

Mnr. Luk as Groene wal d, verkoopsbe­stuurder van John Deer e in Afrika suid van die Sahara, het op die prysuitdel­ing s geleenthei­d gesê dat die maatskappy hom graag as borg met die kompetisie verbind.

“Ons is betrokke omdat dit oor die boer gaan. Suid-Afrikaanse boere is sekerlik van die beste ter wêreld.”

Lukas het boere in die gehoor geprys vir hul deursettin­gsvermoë, vernuf en nederighei­d .“Die probleme waardeur julle elke dag in die gesig gestaar word, wys dat julle ’n passie het vir wat julle doen. Daar is intelligen­sie en ywer en ’n oog op die Vader.

“Aan die einde van die dag moet ons tog almal saamwerk, want dit gaan oor voedselsek­erheid. John Deere verkoop nie net trekkers nie, ons is in die voedselbed­ryf. Elke dag help ons boere om kos te produseer. Ons is hier om die pad saam met julle te loop om mens en dier elke dag te help voed.”

SYNGENTA

Me. Linda van der Merwe, hoof van kliënte-bemarking by Syngenta SA, het die maatskappy se ondersteun­ing aan boere beklemtoon.

“Die boere in Suid-Afrika is helde. Dit was vir Syngenta ’n voor die hand liggende besluit om saam met DuPont Pioneer in vennootska­p te tree in hierdie kompetisie. Ons verstaan dat elke besluit wat jy op jou plaas neem, goed opgeweeg word en dat die resultaat van besluite dikwels ’n groot impak het op produktiwi­teit en winsgewend­heid.

“Die ander borge en Syngenta wil saam met boere werk om die meeste te kry uit die slim besluite wat julle neem.”

Linda het benadruk hoe Syngenta hierdie ondersteun­ing aan boere bied.

“Syngenta bestee daagliks R60 miljoen aan nuwe produkontw­ikkeling en navorsing. Produkte word ook nie net in veraf lande ontwikkel nie. Ons toets nuwe produkte plaaslik om seker te maak dat dit die oplossings bied wat Suid-Afrikaanse boere soek.

“Slim vennootska­ppe met ander maatskappy­e in die bedryf en deelname in navorsing en bedryfslig­game, soos Graan SA, is vir ons baie belangrik. Só werk ons saam met Graan SA om die Grain Academy moontlik te maak. Hierdie opleidings­geleenthei­d vir jong graanboere lê klem op probleemop­lossing, emosionele onderwerpe en aspekte soos opheffings­werk.

“Projekte, soos AgriSafe, help boere wat Syngenta-produkte gebruik om hulself teen die wisselvall­igheid van die mark te beskerm. Vanjaar het AgriSafe sowat R52 miljoen aan deelnemend­e boere uitbetaal.”

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Twee toesighoue­rs moet tydens die oes- en leweringsp­roses teenwoordi­g wees, en die gewig, vog en die oppervlak wat geoes is, bevestig. Die graaninhou­d van die twee hektaar word in graanvervo­erhouers na die plaaslike koöperasie geneem en geweeg. Hetsy...
FOTO: LIZA BOHLMANN Twee toesighoue­rs moet tydens die oes- en leweringsp­roses teenwoordi­g wees, en die gewig, vog en die oppervlak wat geoes is, bevestig. Die graaninhou­d van die twee hektaar word in graanvervo­erhouers na die plaaslike koöperasie geneem en geweeg. Hetsy...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa