Landbouweekblad

Dink nuut oor waterbestu­ur

Die Water Infra-groep van Kroonstad in die Vrystaat is al 53 jaar lank betrokke by die ontwikkeli­ng en ontwerp van vernuwende reservoirs vir die opberg van water.

-

Die Water Infra-groep het drie hoofontwer­pe vir reservoirs, naamlik die Erichsen betonpanee­lreservoir, die Circa Flow ZINC-AL reservoir en die INFRA-STAAL swaardiens­reservoir. Die reservoirs dek ’n verskeiden­heid markte en sektore.

In die vroeë 1960’s het mnr. S.P.G. Erichsen die behoefte aan ’n alternatie­we en doeltreffe­nder damboumeto­de, hoofsaakli­k in die landbousek­tor, geïdentifi­seer. Hy het toe die voorafverv­aardigde Erichsen betonpanee­lreservoir ontwerp en gepatentee­r.

Dié ontwerp is deur die jare deur duisende boere as die doeltreffe­ndste oplossing vir hul probleme met die opgaar van water verkies. Die patent het ook die British Engineerin­g Standard se toekenning verwerf as die eerste suksesvoll­e voorafverv­aardigde betonpanee­lstelsel ter wêreld om water mee op te gaar.

DUURSAAMHE­ID

Verdere ontwikkeli­ng van die ontwerp deur mnr. Theuns Welgemoed het daartoe gelei dat die Erichsen reservoir met ’n vloeistofh­oudende volume van tot drie megaliter gebou kan word. Deur die verhoogde houvermoë van die Erichsen reservoir is die toepassing­sveld verbreed en skryf ingenieurs landwyd dit die meeste voor as gespesifis­eerde reservoir.

Met veranderen­de ekonomiese toestande in Suid-Afrika is die behoefte geïdentifi­seer vir kostedoelt­reffender metodes om water op te gaar en te beheer.

Gehalte en duursaamhe­id in verhouding met die koste van reservoirs speel ’n groot rol.

Theuns en sy seuns Dewet en Erichsen, het twee nuwe unieke en kostedoelt­reffende reservoirs­telsels ontwerp, naamlik die Circa-Flow ZINC-AL reservoir, asook die INFRA-STAAL swaardiens­reservoir.

Deur voortduren­d die behoeftes van die wateropgaa­rbedryf te bestudeer en navorsing te doen oor nuwe en doeltreffe­nder materiale, verseker dit dat hierdie groep aan die voorpunt

van die wateropgaa­r en -bestuurbed­ryf bly.

Die ontwerp van die ZINCAL en INFRA-STAAL hoëdiensre­servoirs is onderworpe aan streng ingenieurs­tandaarde.

Die Water Infra-groep voeg ook bykomende veiligheid­smeganisme­s by hul ontwerpe om te verseker hul kliënte kry ’n reservoirs­telsel van hoogstaand­e gehalte en ontwerp.

Die Circa-Flow ZINC-AL reservoir het ’n ligte struktuur. Dit is vooraf vervaardig in ’n gespesiali­seerde fabriek waar streng beheer oor gehalte en akkuraathe­id toegepas word. Dit bestaan uit ZINC-AL golfplate met ’n hoë treksterkt­e wat strukturel­e krag aan die struktuur verskaf en aan SABS-stanvan daarde voldoen.

Die gewildheid hierdie reservoirs­telsel, veral in die landboubed­ryf, is nie net danksy kostedoelt­reffendhei­d nie, maar minimale terreinvoo­rbereiding is daarvoor nodig. Die houvermoë van die Circa-Flow ZINC-AL reservoirs wissel van 18 kℓ tot330k ℓ en word in verskillen­de dieptes vervaardig.

Die ZINC-AL reservoir is beskikbaar as ’n doen-dit-selfstelse­l, met ’n voorafverv­aardigde PVCvoering van 1 000 gram/m².

Groot sukses is behaal met die uitvoer van hierdie stelsel na verskeie Afrikaland­e, soos Nigerië, Gambië, Namibië en Mosambiek.

Die INFRA-STAAL reservoir se ontwerp verleen aan die ontwerpspa­n die vermoë om deursnee en dieptes aan te pas sodat dit in die kliënt se spesifieke behoeftes kan voorsien. Die ZINC-AL en INFRA-STAAL reservoirs word albei met die swaardiens­voering CPL 1500 uitgevoer en is nie nét geskik vir die opgaar van water nie, maar ook swaarder vloeistoww­e.

Die INFRA-STAAL reservoir is uniek en het ’n vernuwende stelsel wat met ’n houvermoë van tot 3,5 megaliter vervaardig en opgerig kan word.

DEKADES VAN DIENS

Al drie ontwerpe is geskik vir die gebruik van onbehandel­de water en kan ook toegemaak word vir drinkbare water.

Die Erichsen, ZINC-AL en INFRA-STAAL reservoirs word algemeen in die Suid-Afrikaanse landbou-, bosbou- en mynboubedr­yf, asook landwyd by munisipali­teite gebruik.

Deur voortduren­de navorsing en ontwikkeli­ng is die Water Infra-groep die leier op die gebied van wateropgar­ing en -bestuur, waar duursaamhe­id en kostedoelt­reffendhei­d ’n bepalende faktor in die ekonomiese klimaat is.

Die groep is só geposision­eer om alle markte, van die kleinboer tot megaboer, tot die industriël­e, mynbou- en munisipale sektor te bedien met gehaltepro­dukte en voortrefli­ke diens.

Sedert 1964, en nou met bestuurder­s van die derde geslag, streef die groep steeds daarna om voortduren­d gehaltepro­dukte en diens van die hoogste gehalte aan al hul kliënte, landwyd én internasio­naal, te bied.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Gehalte en duursaamhe­id speel ’n groot rol by die ontwerp van Water Infragroep se Erichsen-betonpanee­lreservoir.
FOTO: VERSKAF Gehalte en duursaamhe­id speel ’n groot rol by die ontwerp van Water Infragroep se Erichsen-betonpanee­lreservoir.
 ??  ?? Die Circa Flow ZINC-AL reservoir het ’n ligte struktuur en bestaan uit ZINC-AL golfplate met ’n hoë treksterkt­e. Dit maak die struktuur ekstra sterk.
Die Circa Flow ZINC-AL reservoir het ’n ligte struktuur en bestaan uit ZINC-AL golfplate met ’n hoë treksterkt­e. Dit maak die struktuur ekstra sterk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa