Misdaad op plase styg wêreldwyd
MISDAADVOORVALLE opplase styg wêreldwyd en boere word toenemend van hul produksie en toerusting besteel.
Sprekers op die eerste internasionale konferensie oor landelike misdaad het vertel hoe boere in ander lande toenemend bekommerd daaroor is, en hoe daar in ander lande, nes in Suid-Afrika, probleme met polisie-reaksie is.
Geen spreker het egter voorbeelde genoem wat ooreenkom met die gewelddadige aard van plaasaanvalle in Suid-Afrika nie.
Emeritus-professor Joseph Donnermeyer van di eO hi o staat s universiteit in Amerika het gesê volgens studies veroorsaak plaasmisdaad miljoene rande se verliese vir boere.
Boere wêreldwyd is volgens hom bekommerd dat plaasmisdaad nie as belangrik beskou word nie, dat dit moeilik is om die misdade te ondersoek en misdadigers vas te trek, dat howe nie swaar vonnisse oplê nie, en dat owerhede onsimpatiek is.
Die onderaanmelding van misdaad kom ook in talle ander lande voor.
AUSTRALIË
Dr. Elaine Barclay van die Universiteit van New England in Australië het gesê dit is belangrik om onder ’n regering se aandag te bring dat plaasmisdaad plaaslike en internasionale handel benadeel, asook biosekerheid en voedselsekerheid.
In Australië ervaar boere benewens diefstal ook voorvalle van vandalisme, brandstigting, dieremishandeling en onwettige betreding.
Onwettige jagters wat met vierwielvoertuie, GPS-toerusting en wapens op plase gaan jag, is ’n probleem wat groter word. In 2014 het 59% van boere sulke voorvalle ervaar, teenoor net 26% in 2002.
Barclay het gesê Australië se nasionale identifikasie skema vir lewende hawe speel ’n belangrike rol om gesteelde vee op te spoor. DNS-toetse word ook ál belangriker.
Sprekers het gesê sosiale media kan baie nuttig ingespan word, veral waar boere ver van mekaar bly.
AFRIKA
Mnr. Emmanuel Bunei van die Moi-universiteit in Kenia het vertel van ’n tweeting chief wat sukses gehad het met die aanmelding van misdaad op Twitter.
Hy het gesê daar is ’n skerp styging in landboumisdaad in Afrika. Waar dit voorheen opportunisties was, is dit nou hoogs georganiseer. Misdaadnetwerke is betrokke en dit het’ n kommersiële of entrepreneurs aard.
In die afgelope dekades het die gereeldheid en intensiteit van veediefstal volgens hom onbeheerbare vlakke bereik en verarm landelike gemeenskappe.
In Kenia het veediefstal al tot die moord van polisielede en boere gelei.
Bunei het gesê stelsels vir die identifisering van lewende hawe moet ernstig aandag kry, die regstelsel moet reggeruk en bemagtig word, onder meer met tegnologie en hulpbronne, en daar moeti n navorsing en inligting insameling belê word.
—
‘Dit is belangrik om onder ’n regering se aandag te bring dat plaasmisdaad plaaslike en internasionale handel benadeel, asook biosekerheid en voedselsekerheid.’