Distell: ‘Ons wil nie meer ’n boelie wees’
DIE melkverwerker Parmalat het sy plaashekprys in die Suid- en Oos-Kaap van 16 Oktober af met gemiddeld 20c/liter verlaag.
Die maatskappy het by navraag gesê die melksituasie verskil altyd van streek tot streek en sy besluit om die prys in dié gebiede te verlaag, weerspieël sy siening van die huidige stand van sake daar.
Die verdere agtergrond vir sy besluit is die deurlopend gedempte vraag in die kategorieë waarin hy hoofsaaklik bedrywig is. Die swakker vraag word grootliks voortgedryf deur die ekonomiese klimaat en die lae vlakke van verbruikers vertroue, sê Parmalat.
In ’n brief aan boere oor die prysverlaging, sê die maatskappy hy is aan die melkaanbodkant genoodsaak om die ekstra volume melk in die somerseisoen te verwerk en voorraad na volgende jaar oor te dra.
’n Melkboer wat aan Parmalat lewer, glo die maatskappy behoort kwotas in te stel as daar te veel melk is.
In dié verband sê Parmalat hy het reeds volumekontrakte met sy boere om albei partye te help om veranderinge in vraag en aanbod te bestuur.
“Ons doelwit is om te probeer om onsself en ons boere in staat te stel om vir hul ondernemings te beplan en veranderinge aan die huidige stelsel sou in ’n gesprek met hulle gedoen word.”