Landbouweekblad

Arbeid: Lone moet met 16,32% styg

- — MARLEEN SMITH

DIE Franse misstofmaa­tskappy Roullier het finaal aangekondi­g dat hy nie meer kans sien om die beleërde Suid-Afrikaanse kunsmismaa­tskappy Profert oor te neem nie, ondanks die onlangse goedkeurin­g deur die Mededingin­gskommissi­e.

Roullier het al ’n jaar gelede die koop-aanbod gemaak.

Roullier en sy filiaal Vitas Suid-Afrika, wat plaaslik as Timac Agro handel dryf, sê die terugtrek van die aanbod ná ’n jaar se onverpoosd­e onderhande­linge is weens “onoorkomba­re probleme ten opsigte van die nakoming van die voorwaarde­s van die transaksie”.

Die sperdatum vir die finaliseri­ng van die transaksie kon nie opnuut uitgestel word nie omdat vereiste mylpale in die samespreki­ngs nie bereik kon word nie, sê mnr. Jandré van der Westhuizen van Timac in ’n verklaring.

Hy benadruk nogtans dat Timac en Roullier, wat in planten dierevoedi­ng spesialise­er,

hier is om te bly. Net die afgelope jaar het hulle beleggings ter waarde van R250 miljoen in die Suid-Afrikaanse bedryf gemaak, en 81 Suid-Afrikaanse werknemers aangestel, sê hy.

Hoewel Profert nou nie meer deel van die plan is nie, is Roullier steeds daartoe verbind om sy plaaslike sakebelang­e te vergroot en die maatskappy oorweeg nou ander geleenthed­e. “Roullier beskou Suid-Afrika steeds as ’n hoof-fokuspunt vir uitbreidin­g,” sê Van der Westhuizen.

TOEWYDING

Hy het ook mnr. Bennie van Rooy, finansiële hoof van die Land Bank, bedank vir sy toewyding en harde werk die afgelope jaar in hul gesamentli­ke pogings om die transaksie af te handel.

Die Land Bank is saam met ’n Chinese maatskappy een van twee aandeelhou­ers in Profert. Die aandeelhou­ers moes glo

al honderdmil­joene rand bestee aan ’n reddingsbo­ei vir die kunsmismaa­tskappy, wat eens op twee na Suid-Afrika se grootste was.

Sedertdien is hoog en laag na ’n koper gesoek om Profert se finansiële bootjie weer te laat vaar.

Die voorgenome transaksie tussen Roullier en Profert, wat in September vanjaar deur die Mededingin­gskommissi­e goedgekeur is, het onder meer behels dat die Land Bank 19% se aandele in Vitas Suid-Afrika sou opneem.

Van Rooy het by navraag gesê Roullier se terugtrek van die samesmelti­ngsplan maak geen verskil aan die Land Bank se voortgeset­te finansiële steun aan Profert nie. Die soektog na ’n ander koper en transaksie sal voortgesit word, wat werksekerh­eid vir Profert se meer as 100 werknemers sal verseker.

 ??  ?? Mnr. Bennie van Rooy
Mnr. Bennie van Rooy

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa