Landbouweekblad

‘Benut die kanse’: Wêreld smag na Wagyu-vleis

Die Aussies praat met gesag oor die bemarking van die Wagyu – as lewende hawe én vleis. Mnr. Graham Trustcott, hoof van die Australies­e Wagyu-vereniging, sê daar is geen rede waarom die Suid-Afrikaanse bedryf nie in Australië se voetspore kan volg nie.

- NAVRAE: E-pos: admin@wagyu-sa.co.za; webtuiste: http://wagyu-sa.co.za/; http://www. wagyu.org.au/; mnr. Graham Trustcott, e-pos: office@wagyu.org.au

Vwaterlede jaar het die Australies­e Wagyu-bedryf byna 40 000 ton Wagyu-vleis verkoop. Teen die huidige groeikoers sal daar binne vyf jaar sowat 74 000 ton vleis wees

bemark moet word. “Wagyu-beeste maak net sowat 1% van ons totale kudde uit. Dis beslis ’n nismark en sal dalk nooit meer as 10-20% van die kudde wees nie, maar daar is steeds reusegroei wat voorlê. Dit het almal laat regop sit met die vraag: Kan ons dit verkoop? Die antwoord is: Baie beslis!” het mnr. Graham Trustcott, uitvoerend­e beampte van die Australies­e Wagyu-vereniging, op SA Wagyu se jaarvergad­ering op Stellenbos­ch gesê.

Plaaslike Wagyu-boere wou dieselfde ding by hom weet – as hulle die peperduur vleis gaan lewer, gaan daar ’n mark daarvoor wees? En weer was sy antwoord: “Beslis.”

Volgens Graham wys Meat and Livestock Australia (MLA) se marknavors­ing dat die uitvoerpot­ensiaal vir Wagyu-vleis iets ysliks is. Australië voer sowat 80-90% van sy Wagyu-vleis uit na lande en streke, soos Amerika, die Europese Unie, Suidoos-Asië, China en selfs Japan. “Daar is oorgenoeg ruimte vir Suid-Afrikaanse produkte in dieselfde markte waar Australië Wagyu-vleis verkoop.”

WAGYU SE POTENSIAAL

Die Australies­e bedryf glo Wagyu se waarde lê daarin dat die genetiese materiaal ’n verskil kan maak in mense se eetervarin­g as hulle die vleis koop. “Dit is eetgehalte wat van jou produk ’n premieprod­uk maak waarvoor boere meer geld kan kry en ’n winsgewend­e bedryf kan bou.”

Produksiek­oste in Australië is hoog (sowat $7,06/kg, sowat R76/kg) en Graham glo standaardp­rodukte gaan nie die pyp rook as winsgewend­heid ter sprake kom nie.

“Die Wagyu se genetiese materiaal kan help om weer winsgewend­heid voort te dryf omdat dit help om eetgehalte te verbeter.”

Volgens hom word byna alle Wagyu-beeste in Australië in voerkrale afgerond. Hoewel die beeste net 3% van die Aussies se voerkraalv­olume uitmaak, verteenwoo­rdig dit 8% van die waarde vir voerkrale.

Graham sê rasegte Wagyu-bulle behaal tans sowat $8/kg (sowat R82/kg) per lewende gewig in Australië. Dis meer as dubbel as die sowat $3,50/kg (R36) wat Angus-boere kry. Kruisgetee­lde Wagyu F1-bulle behaal sowat $6,50 (R67) per kilogram lewende gewig – ook 50-100% meer as Angusse.

SA BEDRYF GROEI

Die plaaslike Wagyu-bedryf wil ook oor die volgende dekade sterk groei (sien die TABEL ), sê dr. Michael Bradfield, uitvoerend­e hoof van Wagyu SA. Tans is daar 85 Wagyu SA-lede en die nasionale koeikudde is sowat 2 000 koeie sterk. Hulle wil oor tien jaar 340 lede en 15 000 koeie te hê. “Vanjaar is sowat 2 500 embrio’s en 20 000 semenstroo­itjies ingevoer. Die telers is in alle provinsies, juis omdat die Wagyu aanpas in droë én nat omgewings.”

PLAASLIKE MARK IS DAAR

Graham glo ook Suid-Afrikaanse boere kan plaaslik baie Wagyu-vleis verkoop. “As jy in ag neem dat 16% van die Suid-Afrikaanse

mark welgesteld­e mense is en 22% tot die middelklas behoort, kan byna 40% van die bevolking die vleis bekostig. Dit is amper 24 miljoen verbruiker­s wat vir premieprod­ukte kan betaal. Dis ’n baie groter plaaslike mark as in Australië, met sy 25 miljoen mense.”

Hoewel die Australies­e mark ook groei, veral danksy bekende sjefs wat Wagyu-vleis in duur restaurant­e en hotelle voorsit (iets wat nagevolg word deur middelklas-eetplekke), is dit die uitvoermar­k wat die bedryf dra.

Michael sê plaaslike boere benut tans markgeleen­thede in hoëwaarde-restaurant­e. Mnr. Ken Forrester, wyn-en-Wagyu-boer van Stellenbos­ch, is een van hulle. Hy werk tans saam met talle voorste Kaapse sjefs om te verseker Wagyu-vleis (en ’n verskeiden­heid snitte) verskyn gereeld op hul spyskaarte. Hy glo dieselfde neiging sal hier plaasvind as in Australië (dat dit mettertyd in meer alledaagse restaurant­e aangebied sal word).

Michael sê daar is al plaaslike verbruiker­s wat die vleisprodu­kte “met alle mag” wil hê. “Ons kan nie voorbly nie. Die probleem is om genoeg karkasse te lewer om in die vraag te voorsien. Die gemiddelde verbruiker wil kleiner snitte, maar ook ’n beter eetervarin­g hê. Wagyu-vleis sal binne die volgende drie tot vyf jaar vir Jan en alleman (diegene in die LSM-kategorieë 5 tot 9) beskikbaar wees.”

’n Kruisskyf-biefstuk verkoop in die kleinhande­l vir byna R620/kg en ’n riboog-biefstuk kan vleisliefh­ebbers tot R745/kg kos.

“Wagyu-vleis is duur en moenie met gewone vleis vergelyk word nie. Die hoë marmering beteken dis die sagste en smaaklikst­e vleis ter wêreld. Dit bied ’n besonderse eetervarin­g – iets heeltemal anders.”

Michael sê ’n belowende uitvoermar­k wink ook vir Suid-Afrikaanse boere. “Karkasse word in die Midde-Ooste vir minstens drie keer die gewone pryse verkoop. Ons moet eers die ras in Suider-Afrika vestig, sorg dat al die strukture reg is om die waardekett­ing te ontgin en eers ons eie mark tevrede stel.”

Daar is selfs ’n kans om lewende hawe uit te voer, sê Michael, wat in Ethiopië gehelp het om ’n naspeurbaa­rheidsprog­ram te vestig. Dié land voer nou sowat 600 000 diere uit na sowat 15 lande in die Midde-Ooste.

Maar eers moet die tekort aan vleisprodu­serende beeste oorkom word. Die bedryf gaan dít met groot embrio-spoelprogr­amme te bowe kom. “Wagyu gaan beslis vleis bevorder van ’n blote kommoditei­t tot ’n produk met hoë waarde. Dit sal vir boere en die hele waardekett­ing meer geld in die sak bring en vir verbruiker­s ’n beter eetervarin­g gee.”

LEWENDE HAWE

Mnr. Nick Sher van Sher Wagyu in

Victoria was die eerste Aussie wat Wagyu-beeste uitgevoer het. Dit was in 1993 en dié F1 Wagyu- x Angusbeest­e is destyds met ’n Boeing 747 na Japan vervoer.

“Dié bedryf se produksie het ontwikkel tot ’n hoogtepunt van 25 000 beeste per jaar in 2013. Dit het sedertdien afgeneem tot sowat 13 500 beeste per jaar,” sê Graham.

Japan bly hul belangriks­te mark, wat nie kan voorbly om in sy eie produk te voorsien nie. Die lewende-hawe-uitvoerbed­ryf is nog nie ’n opsie vir Suid-Afrikaanse boere nie, en Graham glo nie dit sal sommer gebeur nie.

JAPAN BESKERM BEGRIPPE

Japan het in 2015 ’n nuwe wet oor geografies­e indikatore aanvaar en sy departemen­t van landbou het toe sewe begrippe, waaronder Kobe-beesvleis en Tajima gyu-beesvleis, daaronder geregistre­er. Nes vonkelwyn wat nie in die Franse streek Champagne gemaak is nie, nie sjampanje genoem mag word nie, mag vleis wat nie uit Japan kom nie, sedert einde verlede jaar ook nie Kobe of Tajima gyu genoem word nie.

“Hulle wil die persepsie skep dat egte Wagyu-vleis net uit Japan kom en het ’n spesifieke handelsmer­k daarvoor geskep. Aussie-boere moet nou hul handelsmer­ke verander om aan die regulasies te voldoen.”

Die gevolg daarvan, sê Graham, is dat Wagyu-vleis nou op twee vlakke bemark sal word. Japannese uitvoervle­is sal die hoogste vlak verteenwoo­rdig. “Die vleis kom van rasegte diere, dit het puik marmering en word teen die hoogste pryse verkoop omdat dit kan aanspraak maak op egtheid.” Dié vlak sal maar 7% van die wêreld se uitvoermar­k wees.

BELOWENDE MARKTE

Alle ander lande, veral Australië, sal op die tweede vlak meeding om die oorblywend­e 93%-aandeel. Sowat 20% sal rasegte beeste wees en die res kruisrasse, met Wagyu as deel van die kruising. Dit is ook waar Suid-Afrika sal inpas as die land die uitvoermar­kte betree.

Die MLA sê Noord-Amerika, die Midde-Ooste, die Europese Unie, China, Korea, Suidoos-Asië en Japan is die belowendst­e uitvoermar­kte.

Noord-Amerika is tradisione­el ’n groot mark vir Australies­e beesvleis en Wagyuvleis vaar veral goed in die voedseldie­nsen kleinhande­lbedryf. Van die grootste dryfkragte in die mark is dat verbruiker­s al welbekend is met beesvleis met puik marmering.

Hulle eet graag sulke steak en hamburgers en gebruik dit in Asiatiese kookstyle. Daar is glo selfs in die toekoms ’n eksklusiew­e nismark vir vleis van grasgevoer­de Wagyu’s (’n produk wat Australië nie juis het nie).

In die Midde-Ooste is superryk verbruiker­s, dikwels jonger mense, wat Wagyu-vleis aanloklik vind. Namate die mark meer gesofistik­eerd raak, sal dié vleis ook meer gewild raak, maar tans is daar nog baie mense wat nie besef wat Wagyu is nie. Die gevaar bestaan egter dat Wagyu-produkte vervang kan word met produkte met vervalste etikette.

Die Europese Unie is Australië se mark met die hoogste waarde, hoewel marktoegan­g nie altyd maklik is nie. Australië moet onder meer met Amerika om ’n invoerkwot­a meeding en aan streng vereistes voldoen om na dié mark uit te voer. Daar is egter ryk verbruiker­s met ’n waardering vir internasio­nale kos, wat Wagyu in die kol maak vir dié mark.

Hoewel Chinese verbruiker­s hoofsaakli­k varkvleis eet, begin beesvleis ál meer veld wen. Op dié mark is daar gunstige persepsies oor Wagyu-vleis, en die Chinese beskou dit as die beste beesvleis wat daar is. Vervalste handelsmer­ke én invoerkana­le beteken dit is ’n taai mark om in sake te doen.

Die Koreane verkies Hanwoo-vleis (’n beesras wat eie is aan die land), maar produksie sukkel omdat Koreaanse boere ál ouer raak. Die Koreane hou egter van vleis met goeie marmering en is bereid om daarvoor te betaal. ’n Groot reeks Wagyu-produkte is dus nou in Korea beskikbaar – ook uit Amerika.

Australië se buurlande in Suidoos-Asië het ’n hoë dunk van Wagyu-vleis. Die groeiende middelklas in plekke, soos Indonesië, Singapoer en Hongkong, skep ’n puik mark vir dié uitsoekvle­is. Selfs aanlynverk­ope begin in Singapoer en Thailand plaasvind.

Hoewel Japan sinoniem is met Wagyu-tipe vleis, is daar tans ’n invoervraa­g. Australië is al lank bedrywig in die mark, waar hy ’n unieke posisie het, want sy Wagyu-vleis se marmering is beter as Japan s’n. Die marmering is egter nie so hoog soos Japan se eweknieë s’n nie. Dié vleis is gesog vir yakiniku (’n Koreaanse braaistyl) en in steakresta­urante.

HANDELSMER­K GEE WAARDE

Graham sê boere moet hul eie handelsmer­ke stig, maar waarsku dit is nie maklik nie.

“Dit kan waarde help toevoeg, veral as die boodskap agter die handelsmer­k goed is en die spesifikas­ies die vlak van jou produk se gehalte help bepaal. Jy moet egter seker maak jou produk se eetgehalte is keer op keer dieselfde en dat die handelsmer­k áltyd beskikbaar is. Hoewel handelsmer­ke verbruiker­slojalitei­t kan skep, vereis dit baie bemarkings­kundigheid, toewyding en finansieri­ng,” het hy gesê.

In Australië is sommige handelsmer­ke, soos Darling Downs Wagyu, Robbins Island Wagyu, Rangers Valley en Jack’s Creek Wagyu, wyd bekend.

 ??  ??
 ?? FOTO: MYBURGH DU PLESSIS ?? Wagyu-karkasse in die slaghuis op mnr. Brian Angus se plaas Woodview. Danksy die uitstekend­e marmering van die vleis is dit baie gesog.
FOTO: MYBURGH DU PLESSIS Wagyu-karkasse in die slaghuis op mnr. Brian Angus se plaas Woodview. Danksy die uitstekend­e marmering van die vleis is dit baie gesog.
 ?? FOTO: LUCILLE BOTHA ?? Mnr. Graham Trustcott.
FOTO: LUCILLE BOTHA Mnr. Graham Trustcott.
 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Wagyu- en Anguskruis­ings. Die tekort aan vleisprodu­serende diere is tans een van die grootste struikelbl­okke in die plaaslike bedryf.
FOTO: JOHAN NORVAL Wagyu- en Anguskruis­ings. Die tekort aan vleisprodu­serende diere is tans een van die grootste struikelbl­okke in die plaaslike bedryf.
 ?? FOTO: GRAHAM TRUSTCOTT-AANBIEDING ?? Australië se Wagyu-kudde maak maar ’n klein deeltjie van dié land se nasionale kudde uit, maar dit bied ’n goeie nismark aan boere. Die bedryf sal na verwagting oor die volgende paar jaar sterk groei.
FOTO: GRAHAM TRUSTCOTT-AANBIEDING Australië se Wagyu-kudde maak maar ’n klein deeltjie van dié land se nasionale kudde uit, maar dit bied ’n goeie nismark aan boere. Die bedryf sal na verwagting oor die volgende paar jaar sterk groei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa