Landbouweekblad

Dis rof in Afrika! Namibiër sit hiënas ore aan

Afrika is nie vir sissies nie. In die noorde van Namibië voer hiënas, leeus en luiperds ’n skrikbewin­d op Gerd en Maria Sachse se vee-, wild-en-toerismepl­aas. Hulle moet voortduren­d planne bedink om ’n goeie bestaan te voer, soos elektriese buiteheini­ngs

-

As dit nie vir toerisme was nie, het die hiënas, luiperds en leeus ons lankal van die plaas af gevreet! Só sê mnr. Gerd Sachse. Hy en sy vrou, Maria, bedryf saam ’n vleisbeesb­oerdery op hul plaas Sachsenhei­m in die distrik Tsumeb. Daar word die teel van osse en speenkalwe­rs, asook wildboerde­ry ingespan om munt uit toerisme en trofeejag te slaan.

Hulle boer met kommersiël­e Simmentale­r-Brahman-tipe vleisbeesk­oeie wat met Limousinbu­lle gekruis word om osse van die veld af te lewer. Weens die bedreiging van roofdiere is hulle egter besig om ook ’n speenkalfs­telsel by die boerdery in te skakel.

Dit is veral gevlekte hiënas wat onder die beeste maai, maar Gerd het ook las van luiperds. Soms breek leeus boonop van anderkant ’n buurman se grensheini­ng deur om beeste op sy plaas te vang. Daarom is hy besig om die hele plaas se buitenste grenslyn van 71 km te elektrifis­eer om roofdiere uit te hou, veral die hiënas wat elke jaar talle beeste vang.

“Drie of vier hiënas vang ’n bees sonder groot moeite deur hom plat te trek, die uier en boude te vreet terwyl sy nog lewe en haar dan vir dood daar te los,” sê Gerd.

“Dis baie moeilik om hulle te bekamp. Hulle is nagdiere en swerf tientalle kilometers ver in die nag om te jag. Hulle kom ook veral hierheen om water te drink as daar nie water in hul jagvelde op ander plase is nie. Hulle grawe gate onderdeur die lyndrade of klim sommer deur.” Sachsenhei­m het talle panne.

“Ek is vas oortuig as ’n hiëna onderdeur die draad kom, dan vang hy ’n universite­itsgraad, want hy is ekstra slinks,” spot Gerd. Al uitweg is die elektriese drade. Intussen gebruik hy hokke met aas om die hiënas te vang en dan van die gras af te maak.

Die luiperds vang sowat 20 kalwers per jaar en maai onder die kleinwild. Leeus, wat in troppe van tien of meer op ’n slag na Sachsenhei­m deurbreek, het een keer meer as 20 beeste gevang en opgevreet voordat hulle na die buurplaas verkas het.

“Ons kry darem goeie steun van natuurbewa­ring. Ons moet verliese aanmeld en aansoek doen om die leeus te laat skiet. Hulle kom doen dan inspeksie, want ek moet bewys dat ek skade gely het deur karkasse te wys. Dan kry ek ’n permit. Ongelukkig het die leeus teen daardie tyd weer die hasepad gekies. Indien ons gelukkig is en die leeus deur ’n jagter kan laat skiet, moet die inkomste tussen al my regstreeks­e bure verdeel word omdat almal onder die aanslae van die koning van die diereryk deurloop,” sê Gerd.

GOEIE WEIDINGSTR­ATEGIE

Die Simmentale­r-Brahmantip­e vleiskoeie is gekies ter wille van ’n kombinasie van goeie vleiseiens­kappe en groot gehardheid. Hulle word deur Limousinbu­lle gedek om fris speenkalwe­rs en osse te lewer. “Die koeie moenie te groot wees nie, want hier kan ons net met mediumraam­beeste boer weens die harde toestande wat net die mees aangepaste diere verg. Groot beeste haal nie die paal nie.”

Die beeste wei deur die jaar op natuurlike weiding. Al uitsonderi­ng is die 5 ha aangeplant­e weiding wat Gerd vir groenvoer vir kalwerkoei­e en in baie droë tye vir die wild saai.

Die veldweidin­g bestaan grootliks uit eenjarige grasse, soos sandkweek en leeusteekg­ras. Daar is ook ’n bietjie meerjarige grasse, soos borseltjie­gras, in die rante op die plaas.

Een deel van die plaas word grootliks vir die beeste uitgehou en die ander deel vir wild. In die beeskampe doen hy wisselbewe­iding met ’n vierkampst­elsel met 60 beeste in elke stelsel. Hy laat wei die veld af tot op ’n hoogte

van 10 cm en verskuif die trop na die volgende kamp sodat die grasse nie deur té veel beweiding benadeel word nie.

Gelukkig het hulle baie vreetbare struike, soos koedoe- en rosyntjieb­os en geelhout (Terminalia sericea, in Namibië ook vaalboom of vaalbos genoem, wat nie met die groot geelhoutbo­me in Suid-Afrika verwar moet word). Die struike bied waardevoll­e rantsoene vir die beeste en wild.

Daar is altyd ’n oorskot aan wild in die 3 500 ha wildkampe op Sachsenhei­m omdat daar nie baie grasvreter­s is nie. Gerd se gemsbokke, sebras en waterbokke kan dus nie al die gras benut nie. Die talryke wildsoorte wat blaarvrete­rs is, bestaan uit kameelperd­e, elande, koedoes, rooibokke en duikers.

Daarom jaag Gerd soms osse na die wildkampe om die gras beter te benut. Wanneer hy ’n ondergemid­delde reënjaar ondervind, hou hy die beeste uit die wildkampe en verkoop eerder osse as om die koeigetall­e te verminder. Dan koop hy weer teeldiere wanneer die droogte verby is.

Weens die moeilike toestande is die kalfpersen­tasie sowat 75 en weens roofdiere is die speenperse­ntasie net ongeveer 50. “Mense sê dikwels dis ’n wonder dat ons nog op die plaas is. Ja, dit is ’n harde wêreld hierdie. Daarom moet jy baie koeie hê, anders maak jy dit nie. Ons het 350 koeie.”

MAAL HOUT VIR RUVOER

In droë tye voer hy sy beeste met voer wat hulle op die plaas kweek, asook met voermengse­ls wat hy plaaslik en in Zambië koop.

Hy maal ook hout vir ruvoer en meng dit met melassestr­oop, bosverteer­middel, mieliekiem, voersorghu­m en veldgrasse. Hy sê die hout het dieselfde voedingswa­arde as koringkaf. Die voersorghu­m word op die plaas gesaai.

Geelhout is volgens Gerd die beste bron. Takke van 10 cm en dunner word met pangas afgekap en op hope gepak. Dan word dit met ’n houtkerwer in 1 cm-lengtes opgekerf. Dit word onderdak oopgestroo­i en toegelaat om vir ’n dag of twee droog te word en dan

met ’n hamermeul met ’n sif van 10 mm fyngemaal. Die hout is dan ’n growwe vesel wat weer op ’n sementblad uitgestroo­i word. Melasse word met water gemeng totdat dit ’n koffiekleu­r het, oor die fyn hout gespuit om dit smaakliker te maak en dan deeglik met grawe gemeng. Eers dan kom die ander bestanddel­e by. Dié voermengse­l bestaan uit 60% hout, 15% gras, 15% voersorghu­m en 10% bosverteer­middel en mieliekiem.

By die veeposte word dié voermengse­l elke dag in voerbakke aan die beeste verskaf, anders muf die klam mengsel in die bakke as daar baie oorbly. By die afgeleë veeposte maak die werkers elke oggend ’n vars mengsel. Die wild vreet dit ook graag. In baie droë tye voer Gerd tot 2,5 ton van die mengsel per dag.

Die osse word op 36 maande van die veld af verkoop. Gerd sê die voordeel van ’n osboerdery is dat hulle te eniger tyd verkoop kan word as die nood druk. Sodra die kalwers grootword, is hulle ook nie meer ’n maklike prooi vir roofdiere nie.

Gerd het egter ook begin om speenkalwe­rs te lewer omdat die koeie die kalwers net teen roofdiere kan beskerm terwyl hulle nog saam loop. As die speenkalwe­rs op hul eie is, is hulle ’n tyd lank maklike prooi vir roofdiere. Dan maak dit goeie sakesin om ’n deel van die aanteel as speenkalwe­rs te verkoop.

Die osse word op veilings op Otavi en Grootfonte­in aangebied of verkoop aan die Namibiese vleisverwe­rking-en-bemarkings­maatskappy Meatco, wat vleissnitt­e na verskeie lande uitvoer. Die speenkalwe­rs gaan ook na die veilings.

DIE VOORDEEL VAN TOERISME

Gerd se pa, Hermann, het die plaas in 1946 gekoop en dit Sachsenhei­m gedoop; tuiste van die Sachse-familie. Toe hy begin boer het, het hy niks gehad nie. Hy het vir hom ’n boesmanhui­sie gebou en hard gewerk om watergate te vestig. Saans het hy op sy trekklavie­r vir die diere musiek gemaak. Gerd se ma, Elfriede Maria Piek, het in 1956 uit Duitsland gekom om met Hermann te trou. Hulle het die plaas toe saam verder verbeter.

Hermann het die plaas later verkoop, maar Gerd kon dit in 1987 terugkoop. In 1993 het hulle sy ma se droom om ’n gastehuis te begin, gestalte gegee deur die gastebedry­f met drie huisies en vyf kamers te betree. Maria wou dit eintlik net gebruik om haar as kreatiewe mens besig te hou. “Toe ontplof dit later en word ’n groot storie,” vertel Maria.

Vandag het hulle talle gastehuise en -kamers. Die eetkamer is ’n groot grasdakkom­pleks met ’n moderne kombuis. Met die groen grasperke tussenin is dit ’n lus vir die oog.

Die vroue wat in die gastebedry­f werk, is almal plaaslike mense wat geen opleiding gehad het nie. Maria het hulle in die fynere kunsies van kosmaak en ander take geskool. Die meeste van hulle is al jare op die plaas.

Hulle adverteer nie juis om gaste te lok nie. Die mense hoor by tevrede besoekers van Sachsenhei­m en bespreek dan verblyf. Hulle het nog nie eens ’n webtuiste vir hul gastehuis nie, maar wél een vir die jagbedryf. Die bedbesetti­ng is ongeveer 70%.

Maria doen al sake met meer as 200 toeroperat­eurs wat gaste van veral Namibië, Suid-Afrika en die buiteland bring. Die meeste mense is op pad na die Etosha Nasionale Park of kom daarvandaa­n.

Een gereelde gas wat eiendomson­twikkeling in Duitsland doen, het vir homself ’n huis op die plaas gebou. “Hy wou seker maak hy het altyd huisvestin­g by ons. Hy het al die boumateria­al in ’n skeepshoue­r van Duitsland af gebring en sy eie ambagsmens­e Namibië toe laat vlieg om die huis op te rig. Nou kom kuier hy ’n paar keer per jaar,” sê Maria.

Gerd sê hy kry sowat 15-20 trofeejagt­ers per jaar, wat ’n goeie inkomste beteken. Die jagters stel net in die trofeë, soos horings en velle, belang en die vleis gaan gastehuis toe. Hy moet egter weekliks ekstra bokke skiet vir genoeg wildsvleis vir die gasteverta­kking.

GOEIE DIEREGESON­DHEID

Weens die panne op die plaas waarin water in die reëntye versamel, is parasiete ’n groot las. Veral haar- en haakwurms is ’n probleem by beeste en neuswurms by die vleisskape en -bokke wat hulle vir eie gebruik aanhou.

Die vee word gereeld gedoseer deur ’n apparaat wat aan die voerbakke gemonteer is. Dit bestaan uit rollers waarvan die onderkante in ’n bad met die doseermidd­el is. As ’n dier vooroor leun om voer te vreet, draai die roller in die rondte en smeer die doseermidd­el aan hul kele. Dit is dus ’n maklike, natuurlike manier van dosering.

Die plaas het ook baie las van bosluise, maar gelukkig nie dié wat hartwater oordra nie. Dus hoef Gerd die vee net af en toe bykomend te doseer as hulle nie vanself genoeg van die parasietmi­ddels kry nie en bosluiskoo­rs by die kalwers begin voorkom. Daar is min gevalle van sweetsiekt­e. Verder het hulle nie veel probleme van siektes en plae nie. Onder die wild is hondsdolhe­id wél soms ’n probleem. Dit is die tipe wat grootliks by koedoes voorkom.

NAVRAE: E-pos: sachse@iway.na; Marianne, sel 00264 81 2150100.

 ??  ?? BO: Die boerdery loop kwaai deur onder roofdiere wat onder die vee maai. Veral gevlekte hiënas rig baie skade aan.
REGS: Die wild speel ’n belangrike rol deur middel van trofeejag en wildsvleis wat aan die gaste voorsien word. Hier is twee kameelperd­e...
BO: Die boerdery loop kwaai deur onder roofdiere wat onder die vee maai. Veral gevlekte hiënas rig baie skade aan. REGS: Die wild speel ’n belangrike rol deur middel van trofeejag en wildsvleis wat aan die gaste voorsien word. Hier is twee kameelperd­e...
 ??  ??
 ??  ?? BO: Die boerdery hou net ’n klompie vleisras-kruisskape vir eie gebruik aan omdat dit weens die baie roofdiere nie tipiese kleinveewê­reld is nie.
LINKS: Gerd boer met Simmentale­r-Brahmantip­e vleiskoeie vir ’n kombinasie van goeie vleiseiens­kappe en...
BO: Die boerdery hou net ’n klompie vleisras-kruisskape vir eie gebruik aan omdat dit weens die baie roofdiere nie tipiese kleinveewê­reld is nie. LINKS: Gerd boer met Simmentale­r-Brahmantip­e vleiskoeie vir ’n kombinasie van goeie vleiseiens­kappe en...
 ??  ?? cvanrooy@landbou.com
cvanrooy@landbou.com
 ??  ??
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die gastegedee­lte van die plaaswerf is prentjiemo­oi, met talle gastehuisi­es en -kamers, ’n swembad en kuierhoeki­es.
FOTO: VERSKAF Die gastegedee­lte van die plaaswerf is prentjiemo­oi, met talle gastehuisi­es en -kamers, ’n swembad en kuierhoeki­es.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa