Landbouweekblad

Polisie trap water oor wapenamnes­tie

- JOYLENE VAN WYK

DIE kans dat die polisie nóg ’n amnestiety­dperk vir die inhandigin­g van vuurwapens gaan kry, lyk skraal nadat hy nie verlede week in die Parlement kon antwoord of wapens wat in 2010 tydens die vorige amnestiety­dperk ingehandig is, met enige misdade verbind kon word nie.

Lede van die Parlement se portefeulj­ekomitee vir polisie was merkbaar geskok toe hulle verneem dat die polisie ondanks die drama van die 2010-amnestiety­dperk klaarblykl­ik nie sy taak na wens vervul het nie. Die polisie het ’n voorleggin­g aan die komitee gedoen oor sy planne om aanstaande jaar weer ’n amnestiety­dperk te open.

In die amnestiety­dperk van ses maande in 2005 is 46 631 wettige vuurwapens en 33 823 onwettige wapens vrywillig ingehandig. In die amnestiety­dperk van drie maande in 2010 is 30 442 wettige vuurwapens vrywillig ingehandig, asook 11 887 onwettige wapens.

Genl. Jaco Bothma, hoof van vuurwapen-, drank- en tweedehand­segoedereb­eheer by die polisie, het verduideli­k dat alle vuurwapens wat ingehandig word, vir ballisties­e toetse gestuur word.

Dit is egter moeilik om vuurwapens wat in misdade gebruik is, met spesifieke misdaadvoo­rvalle te verbind, behalwe wanneer die wapen afgevuur is en patroondop­pies op die misdaadton­eel gevind is. Verder vyl misdadiger­s ook die vuurwapen se reeksnomme­r af.

“Ja, dit is moontlik dat misdade met heelwat van die vuurwapens (wat tydens die amnestiety­dperke ingehandig is) gepleeg is, maar vanweë die feit dat ons nie meganismes in werking gehad het nie, kan ons nie verduideli­k of die amnestie suksesvol of onsuksesvo­l was nie.’’

Sulke meganismes sal vir die 2018-amnestiety­dperk ingestel word.

‘KAN NIE GETUIG’

Dit het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, laat vra of Bothma dus bedoel dat nie een van die vuurwapens wat ingehandig is, aan ’n misdaad verbind kon word nie.

Bothma het geantwoord dat “hy nie kan getuig” dat dit die geval is nie. Sy kollega genl. Nobesuthu Mosiye het egter tot sy redding gekom en geantwoord dat daar wel aantekenin­ge beskikbaar is van hoeveel vuurwapens met misdade verbind kan word.

Die polisie se doel met die amnestie is om onder meer die aantal onwettige vuurwapens te verminder, vuurwapene­ienaars in staat te stel om van ongewenste wapens ontslae te raak en misdaad te voorkom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa