Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

Drie multinasio­nale vleismaats­kappye – JBS, Cargill and Tyson – het verlede jaar na raming meer kweekhuisg­asse vrygestel as die hele Frankryk. Die wêreld se 20 grootste vleis- en suiwelmaat­skappye het in 2016 saam meer kweekhuisg­asse vrygestel as Duitsland, verreweg die grootste besoedelaa­r in Europa. As dié maatskappy­e ’n land was, sou hulle die sewende grootste kweekhuisg­asvrystell­er ter wêreld gewees het. Dit is volgens die berekening­e van twee navorsers van die instituut vir landbou- en handelsbel­eid (IATP) en die nie-regeringso­rganisasie GRAIN.

Die navorsers wys daarop dat weinig vleis- en suiwelmaat­skappye hul kweekhuisg­asvrystell­ing bereken of publiseer. Oor die afgelope paar dekades het die grootste suiwel- en vleismaats­kappye ongeloofli­k magtig geword en kon hulle beleid bevorder wat die snelle groei van vleis- en suiwelprod­uksie en -verbruik tot elke prys wêreldwyd aanmoedig. By die eersdaagse COP23-klimaatsve­rgadering in Bonn, Duitsland, sal dié maatskappy­e beweer hul produksie is onontbeerl­ik vir wêreldvoed­selsekerhe­id.

As ons ernstig is oor wêreldvoed­selsekerhe­id én om klimaatsve­randering te bestry, moet die wêreld egter dringend belê in ’n oorgang na kosstelsel­s waarin kleinboere, landbou-ekologie en plaaslike markte ’n sleutelrol speel. Dié stelsels produseer dalk minder, maar herstel grond, verskaf inkomste en lewer gewasse en diere wat weerstandi­g is teen ’n onvoorspel­bare klimaat.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa