Landbouweekblad

GAAN DIE REËN BETYDS KOM?

- — ALANI JANEKE, THEUNS BOTHA en LISA LOTTERING

TEKENS van die verwoesten­de droogte van die 2015-’16-planttyd is steeds oor groot dele van die somerreëns­treke sigbaar, en baie saaiboere wag nog op reën.

Weiding begin veral in die sentrale en westelike dele ’n probleem raak, sê mnr. Johan van den Berg, klimatoloo­g van Santam Landbou. “En die weiding wat daar wel is, word bedreig deur veldbrande.”

Mnr. Henk Vermeulen, uitvoerend­e hoof van Vrystaat Landbou, sê dit is duidelik dat die vee groen gras soek tussen die weiding wat wel beskikbaar is.

“Veral boere in die Oos-Vrystaat is bekommerd. Baie van hulle staan gereed met hul trekkers om te plant sodra goeie reën val.”

Die optimale planttyd in die land se oostelike saaigebied­e is van 15 Oktober tot 15 November. Van die boere in die Oos-Vrystaat wat wel al begin plant het, het halfpad opgehou aangesien grondvogvl­akke nie reg is nie.

Mnr. Jaco Minnaar, voorsitter

van Graan SA, sê sowat 80% van Mpumalanga se aanplantin­gs is reeds afgehandel.

“Die kans bestaan wel dat van die boere in Mpumalanga sal moet oorplant as die verwagte reën nie binnekort val nie.”

Minnaar sê betreklik min somergewas­se is al in KwaZuluNat­al aangeplant omdat dié boere ook wag op reën.

In die westelike saaigebied­e is nog niks geplant nie, hoewel die optimale planttyd daar van 15 November tot 15 Desember is.

Minnaar sê boere wag tans op hete kole op die reën, “want met die mielieprys op die vlakke waar dit is, moet jy vanjaar seker wees oor wat jy plant; jy moenie wonder nie.” Hy meen boere sal gemakliker wees as die reën wat van komende Woensdag af vir die noordelike en oostelike dele van die land voorspel is, val.

OOS-KAAP

Intussen maan mnr. Pierre Joubert, bestuurder van die Gamtoos-besproeiin­gsraad, dat besproeiin­gsboere uiters omsigtig met hul besproeiin­gswater te werk moet gaan.

Boere in die gebied se waterkwota is reeds met 60% ingekort, maar dié berekening is gemaak toe die Kougadam nog 20% vol was. Verlede week het die damvlak maar op 11,4% gestaan.

Joubert sê die reën wat verlede maand in die vallei uitgesak het, het gehelp dat boere nie op hul kwota ingetap het nie, maar die effek hiervan is nou verby, en met die warm weer, is hulle genoodsaak om weer te besproei.

“Ek het vanoggend op die YRweerstas­ie gesien dat 80 mm reën vir volgende week voorspel word. Die tweede helfte van November is altyd ’n goeie tyd vir reën. En dit is waarop ons maar almal hoop.”

Hy sê boere daar het baie op groentever­bouing afgeskaal, wat meegebring het dat daar minder werk vir seisoenwer­kers is.

“As ons egter 150 mm oor twee dae in die opvanggebi­ed kry, sal dit sake verander.”

In die omgewing van Cathcart maak koue en ryptoestan­de boere bekommerd.

Volgens mnr. Richard Armstrong, ’n skaap-en-beesboer van dié gebied, is dié ongewone koue saam met die skade van verwoesten­de veldbrande in Augustus ’n ernstige doring in boere se vlees.

“Die gras groei nie en die temperatur­e draai by minus 5 °C. Ek behandel tans my diere asof dit winter is,” sê hy.

Hy is dankbaar dat hy geen veeverlies­e gely het nie.

WES-KAAP

Mnr. Quinton Jacobs, voorspelle­r by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, sê in die Wes-Kaap is normale reënvalvla­kke te wagte, maar dit is ’n skrale troos in die droë somer. Daar sal na verwagting enkele dae wees waar van 5 mm tot 15 mm reën kan val, maar dit sal nie noemenswaa­rdige waterafloo­p bring om die opgaardamm­e vol te maak nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa