Landbouweekblad

’NEE’ WORD WEER ‘JA’ VIR KRAGSENTRA­LES

- — JASPER RAATS

TWEE maatskappy­e wat skaars ’n maand gelede besluit het om nie meer ’n omgewingsg­roep se hofsaak teen twee nuwe kragsentra­les langs die Wilgerivie­r by Delmas teen te staan nie, is nou weer vuur en vlam om met hul ontwikkeli­ng voort te gaan.

Kuyasa Mining en KiPower sou aanvanklik nie meer me. Edna Molewa, Minister van Omgewingsa­ke, en haar departemen­t steun in ’n hofgeding om haar omgewingst­oestemming vir dié kragsentra­les te verdedig nie.

Die Sentrum vir Omgewingsr­eg (CER) vra namens die organisasi­e GroundWork dat die Hooggeregs­hof die Departemen­t van Omgewingsa­ke se toestemmin­g vir die kragsentra­les ter syde stel. Dit volg ná ’n hofuitspra­ak in Maart dat die minister die beoogde Thabametsi-kragsentra­le by Lephalale se impak op klimaatsve­randering moes oorweeg het voor toestemmin­g daarvoor verleen is.

GroundWork sê benewens klimaatsve­randering kan die twee beoogde kragsentra­les by Delmas ook lei tot grootskaal­se besoedelin­g van die Wilgerivie­r. Dié rivier, wat tot nou toe taamlik skoon was, help om besoedelin­g in die Olifantsri­vier te verwater tot op ’n vlak waar laasgenoem­de se water nog veilig is vir besproeiin­gsboerdery, veral in die Loskop-besproeiin­gskema by Groblersda­l. Die Departemen­t van Water en Sanitasie het reeds ’n watergebru­ikslisiens­ie aan KiPower uitgereik.

ONTOEREIKE­ND

Dr. Steven Campbell, ’n Amerikaans­e hidroloog, waarsku in ’n verslag wat hy vir GroundWork se saak teen Molewa en haar departemen­t saamgestel het dat KiPower se voorstelle om besoedelin­g te voorkom, heeltemal ontoereike­nd is en dat oppervlak- én grondwater waarskynli­k besoedel sal word.

Voorts hou die beoogde kragsentra­les ook omgewingsr­isiko’s virMosambi­ekin,wantdieOli- fantsrivie­r voed ook die Massingird­am in dié land.

LANG PROSES

Me. Nicole Löser, ’n prokureur van CER se besoedelin­g-en-klimaatsve­randerings­afdeling, sê die organisasi­e het by die Watertribu­naal appèl aangeteken teen die waterlisen­sie wat aan KiPower toegestaan is. Hulle wag nou vir die Departemen­t van Omgewingsa­ke om dokumente ter verdedigin­g van sy saak by die Hooggeregs­hof in te dien.

“Daar sal nog baie dokumente van albei kante af ingedien moet word voor die hof ’n besluit in hierdie verband kan neem,” sê sy.

Intussen is daar nog geen duidelikhe­id aan wie Kuyasa en KiPower elektrisit­eit wil voorsien met die twee 600 MW-steenkoolk­ragsentral­es wat hulle beoog nie. Die Minister van Energie het nog geen tenders van private verskaffer­s aangevra nie.

“Ek verstaan nie hoekom die twee kragsentra­les se prokureurs nou weer hul gewig agter die saak wil ingooi nie. Dalk weet hulle iets wat ons nog nie weet nie,” sê Löser.

‘Dalk weet hulle iets wat ons nie weet nie.’

 ?? FOTO: JASPER RAATS ?? Twee beoogde kragsentra­les by Delmas kan besproeiin­gswater in die Groblersda­l-omgewing sodanig besoedel dat dit nie meer geskik is vir die landbou nie.
FOTO: JASPER RAATS Twee beoogde kragsentra­les by Delmas kan besproeiin­gswater in die Groblersda­l-omgewing sodanig besoedel dat dit nie meer geskik is vir die landbou nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa