Landbouweekblad

STAMBOEK-STRYD DRAAI WÉÉR IN DIE HOF

- — MARLEEN SMITH

SA Stamboek hoop dat die Appèlhof in Bloemfonte­in binnekort eindelik uitsluitse­l oor minstens een van die twispunte in die jare lange regstryd tussen dié organisasi­e en die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) sal gee.

Stamboek se appèl teen ’n vroeëre Hooggeregs­hof-uitspraak ten gunste van die LNR sou op Donderdag 9 November in die Appèlhof aangehoor word.

Dit sou oor een van drie twispunte handel: Of daar wetlike regverdigi­ng is vir Stamboek en sy lede se weiering om alle registrasi­e- en prestasied­ata onvoorwaar­delik na die Intergis by die LNR oor te dra.

Mnr. Freddie Wasserfall, her- kose voorsitter, het op Stamboek se jaarvergad­ering gesê hulle is steeds bereid om eerder te onderhande­l as om die stryd enduit in die howe te moet voer.

“Ons deur staan oop om enige dag met die LNR te onderhande­l, maar ons kan nie ons mense uitverkoop nie.”

BESTE BELANG

Dr. Pierre van Rooyen, pas afgetrede hoofbestuu­rder van Stamboek wat steeds op kontrakgro­ndslag die geskil probeer besleg, sê onwaarhede en verdraaiin­gs oor hoekom die twee partye in dié situasie beland het, doen steeds die ronde. Hy het ook benadruk dat onderhande­ling altyd ’n opsie is.

“Van die dag van daardie eerste dagvaardin­g (in 2014 toe die LNR ’n saak teen Stamboek gemaak het), het Stamboek gesê kom ons onderhande­l. Selfs die minister (van Landbou, Bosbou en Visserye) het destyds saamgestem dat dit nie in die bedryf se belang is dat die saak in die hof beland nie.”

Die LNR redeneer in hofstukke dat daar eenvoudig geen wetlike gronde is vir Stamboek se weiering om alle registrasi­e- en prestasied­ata wat dit ontvang of op sy

‘Ons deur staan oop om enige dag met die LNR te onderhande­l.’

Logix-stelsel aangeteken het, ook aan die Intergis te verskaf.

So ’n oordrag is in die nasionale belang en Stamboek behoort dit nie privaat en eksklusief vir sy eie doelwitte te hou nie.

ONAFHANKLI­K

Oor die moontlikhe­id van eise teen individuel­e telersgeno­otskappe, sê Van Rooyen hulle het in reaksie op vrese daaroor opnuut regsadvies ingewin. Die slotsom was dat telersgeno­otskappe wat lede van Stamboek is, nie vir enige van die organisasi­e se regskoste aanspreekl­ik gehou kan word nie, want die organisasi­e is ’n onafhankli­ke regsentite­it. Individuel­e genootskap­pe kan ook nie vir ander eise van die LNR teen Stamboek verantwoor­delik gehou word nie.

 ??  ?? Mnr. Freddie Wasserfall
Mnr. Freddie Wasserfall
 ??  ?? Dr. Pierre van Rooyen
Dr. Pierre van Rooyen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa