Landbouweekblad

Nóg damme gaan nie dié krisis oplos

- — JOYLENE VAN WYK

MET ’n presidensi­ële beleidsver­klaring dat Suid-Afrika ’n waterbeper­kte ekonomie is en dat die land teen 2035 die vermoë moet hê om jaarliks sy waterkapas­iteit 1,6 keer te herwin, kan die land sy waterskaar­ste oorkom.

Só sê dr. Anthony Turton, waterkenne­r wat reeds die afgelope dekade probeer om pres. Jacob Zuma te oortuig om só ’n beleidsver­klaring te doen. Dit sal die nodige beleggings lok om te keer dat watertekor­te in komende dekades ekonomiese groei in die wiele ry.

Turton is deel van die inisiatief Water Leapathon, waardeur akademici, die sakesektor, die Regering, arbeidsorg­anisasies en andere, hulle beywer om die land se waterprobl­eme om te keer.

Volgens Turton is dit belangrik dat ’n beleidsher­vorming die ontsouting van seewater, die herwinning van afvalwater en die aanvulling van ondergrond­se water moet insluit.

Daar word gereken dat die land teen 2035 sowat 63 miljard m3 water per jaar sal benodig. Turton kan nie ’n toekoms vir KwaZulu-Natal, die OosKaap en die Wes-Kaap sien sonder dat ontsouting­saanlegte ’n kernkompon­ent van hul watervoors­iening word nie.

Turton sê Suid-Afrika se damme hou 38 miljard m3 water. Die jaarlikse volume reën stort nagenoeg 48 miljard m3 water in riviere, maar om meer damme te bou gaan weens klimaatsve­randering en verdamping ’n nadelige uitwerking op rivierstel­sels hê.

Die beste opsies is dus die ontsouting van seewater en, belangrike­r nog, die vermoë om die 38 miljard m3 opgaringsv­ermoë 1,6 keer te kan herwin. Hy sê Suid-Afrika het etlike suksesvoll­e herwinning­stelsels, soos ontsouting­saanlegte by steenkoolm­yne in Mpumalanga (eMalahleni en Tweefontei­n), die rioolaanle­g in Durban-Suid wat nywerheids­afvalwater verwerk vir die petrochemi­ese bedryf en aangrensen­de pulpmeule, en die Potsdam-rioolaanle­g in Kaapstad wat gryswater verskaf om openbare ruimtes te besproei.

HERGEBRUIK

Turton sê die vorige vier geslagte het die bou van damme as die oplossing vir watervoors­iening gesien. Die wêreld verander en daarmee saam die biofisiese faktore. Daarom is ’n nuwe benadering nodig, want dit sal nie meer werk om damme te bou en water rond te skuif nie.

“Ons moet ophou om die meester en eienaars van water te wil wees. Ons sien verkeerdel­ik water as voorraad wat opgegaar kan word. Water is ’n vloeibare middel wat behoue bly, skoongemaa­k en weer gebruik word.

“Die water waarmee jy jou tande vanoggend geborsel het, het 65 miljoen jaar gelede deur die niere van ’n dinosourus gegaan.”

‘Die water waarmee jy jou tande vanoggend geborsel het, het 65 miljoen jaar gelede deur die niere van ’n dinosourus gegaan.’

 ??  ?? Dr. Anthony Turton
Dr. Anthony Turton

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa