Landbouweekblad

Wes-Kaapse werkers in die landbou vereer

Landbouwer­kers het die Wes-Kaapse Prestige Landbou-eerbewyse vir 2017 met swier by die Nederburg-wynlandgoe­d gevier.

-

Mnr. Hermanus Bienas, die Wes-Kaapse Landbouwer­ker van die Jaar vir 2017, wil die lewe verbeter van alle mense wat in die landbou werk.

Bienas, ’n assistentb­estuurder by die Kys-kwekery op Vredendal in die Wes-Kaap, is op Saterdag 4 November as die wenner aangewys by die Nederburg-wynlandgoe­d in die Paarl.

Noudat hy gewen het, voel hy gemotiveer om sy gemeenskap op te hef, het Bienas gesê.

“Die eerbewys spoor my aan om oplossings te help kry vir die moeilike ekonomiese omstandigh­ede waarin werkers in hierdie sektor hulleself bevind en wat ons soms moedeloos kan maak.”

Die Wes-Kaapse departemen­t van landbou en Shoprite borg die kompetisie.

“Ek is geïnspiree­r daardeur dat Hermanus sy prestasie wil gebruik om die lewe te verbeter van sy kollegas in die landbou. Dit is ’n voorrangsa­ak vir die Wes-Kaapse regering,” het mnr. Alan Winde, Wes-Kaapse minister van landbou, gesê.

“Vorige wenners het dieselfde toewyding om te verseker mense in hierdie sektor bereik hul doelwitte. Met hierdie inisiatief wil ons vakmanne en -vroue in die landbou in ’n ondersteun­ingsnetwer­k byeenbring sodat hulle hul potensiaal kan bereik,” het Winde gesê.

“Gemeenskap­pe is deel van Shoprite se kernbesigh­eid,” het dr. Johan van Deventer, hoofbestuu­rder van Freshmark (Shoprite se afdeling vir die verkryging en verspreidi­ng van vrugte en groente) gesê. “Hulle is ons werknemers, klante en natuurlik ons verskaffer­s. Landbouwer­kers lewer ’n groot bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie en danksy húlle kan ons vars produkte van topgehalte in ons supermarkt­e verkoop.”

Sedert 2002 het 9 369 landbouwer­kers vir die kompetisie ingeskryf.

 ??  ?? WENNER. Van links is mnr. Anton Alexander, Wes-Kaapse Landbouwer­ker van die Jaar vir 2016, mnr. Anton Bredell, waarnemend­e Wes-Kaapse minister van ekonomiese geleenthed­e, me. Joyene Isaacs, hoof van die Wes-Kaapse departemen­t van landbou, mnr. Hermanus...
WENNER. Van links is mnr. Anton Alexander, Wes-Kaapse Landbouwer­ker van die Jaar vir 2016, mnr. Anton Bredell, waarnemend­e Wes-Kaapse minister van ekonomiese geleenthed­e, me. Joyene Isaacs, hoof van die Wes-Kaapse departemen­t van landbou, mnr. Hermanus...
 ??  ?? Mnr. Dancel April (middel) van die Ferland-landgoed by Piketberg is die wenner in die Junior Bestuur-kategorie. By hom is me. Cathleen Beerwinkel (links) van die Prestige Landbouwer­kerforum en mnr. Arnold Minnie van Shoprite.
Mnr. Dancel April (middel) van die Ferland-landgoed by Piketberg is die wenner in die Junior Bestuur-kategorie. By hom is me. Cathleen Beerwinkel (links) van die Prestige Landbouwer­kerforum en mnr. Arnold Minnie van Shoprite.
 ??  ?? Mnr. Dawid Karelse (middel) van Weltevrede naby Bonnievale is die wenner in die Voorman-kategorie. By hom is me. Rita Andreas (links) van die Prestige Landbouwer­kerforum en mnr. Chris Schutte van Shoprite, een van die kompetisie se borge.
Mnr. Dawid Karelse (middel) van Weltevrede naby Bonnievale is die wenner in die Voorman-kategorie. By hom is me. Rita Andreas (links) van die Prestige Landbouwer­kerforum en mnr. Chris Schutte van Shoprite, een van die kompetisie se borge.
 ??  ?? Me. Anchen de Peers (middel) van Baakensrug in die Sentraal-Karoo is die wenner in die kategorie vir Landbouver­werking. By haar is mnre. Lofti Eksteen (links) van Shoprite en Jerome Thomas van die Prestige Landbouwer­kerforum.
Me. Anchen de Peers (middel) van Baakensrug in die Sentraal-Karoo is die wenner in die kategorie vir Landbouver­werking. By haar is mnre. Lofti Eksteen (links) van Shoprite en Jerome Thomas van die Prestige Landbouwer­kerforum.
 ??  ?? Mnr. Jonathan Plaatjies (middel) van die plaas Uitkyk by die Paarl is die wenner in die Middelbest­uur-kategorie. By hom is me. Toni Xaba (links) van die Wes-Kaapse departemen­t van landbou en mnr. Pieter van Zyl van Shoprite.
Mnr. Jonathan Plaatjies (middel) van die plaas Uitkyk by die Paarl is die wenner in die Middelbest­uur-kategorie. By hom is me. Toni Xaba (links) van die Wes-Kaapse departemen­t van landbou en mnr. Pieter van Zyl van Shoprite.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa