Landbouweekblad

HANDEL | GWK optimistie­s ná moeilike jaar

- — JEANNE VAN DER MERWE

Die gediversif­iseerde landbougro­ep GWK is vol vertroue dat sy geldsake op ’n opwaartse trajek is ná hy nie in die boekjaar 2016-’17 ’n wins kon maak nie. Mnr. Llewellyn Brooks, GWK se groep- besturende direkteur, sê in ’n verklaring die maatskappy het gedurende dié jaar sy grootste kapitaalpr­ojek tot nog toe, nuwe koringmeul­e en pasta- en koekie-aanlegte op Modderrivi­er naby Kimberley, teen ’n koste van R400 miljoen in werking gestel.

“Hoewel ons begroot het vir ’n aanvanklik­e verlies vir die nuwe besigheid, is dit vererger deur invoertari­ewe op graan, die wisselvall­igheid van graanpryse en laer as verwagte maalvolume­s. Ons mieliemeul­e op Christiana het soortgelyk­e omstandigh­ede ervaar met die onbeheersd­e val in mielieprys­e wat tot verliese gelei het,” sê hy.

Ander bedryfseen­hede het ook gesukkel weens die droogte en waterbeper­kings, onder meer graanbemar­king en -opbergings­besighede, versekerin­gsdienste en meganisasi­everkope, asook die lamen skaapwaard­eketting.

Die maatskappy het egter volgens hom ekwiteit van net minder as R900 miljoen, sterk kontantvlo­eibestuur en haalbare kort- en langtermyn­strategieë vir al sy besighede.

“Ons verwag dat uitdagende omstandigh­ede in die sektore waarin ons besigheid doen, in die afsienbare toekoms sal voortduur. Ons is egter seker dat ons in die nuwe boekjaar ons finansiële doelwitte sal bereik nadat ons goeie finansiële traksie in die eerste kwartaal van ons nuwe boekjaar gebou het.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa