Landbouweekblad

MEEL | Meule hoes in kartelsaak

- — CARIEN KRUGER

Godrich Flour Mills van Bronkhorst­spruit gaan as deel van ’n skikkingso­oreenkoms R4,4 miljoen betaal in ’n tien jaar lange saak van beweerde prysvasste­lling in die koring- en witmieliem­aalbedryf.

Godrich is tot dusver die enigste maatskappy in dié ondersoek wat geskik het met die Mededingin­gstribunaa­l én erken het dat hy aan die verdeling van markte deelgeneem het.

Die skikking spruit voort uit ’n klag wat die Mededingin­gskommissi­e in Maart 2007 teen Tiger Brands, Pioneer Foods, Foodcorp, Pride Milling en Progress Milling aanhangig gemaak het. Godrich was onder etlike besighede wat later ingesluit is.

Tiger Brands en Premier Foods het in dieselfde jaar om korporatie­we toegeeflik­heid aansoek gedoen.

Luidens ’n verklaring van die Mededingin­gstribunaa­l het Godrich ingestem om R4,4 miljoen te betaal vir sy deelname aan ’n kartel wat met ander mieliemeul­ens saamgespan het om die prys van gemaalde wit mielies vas te stel, asook die datums wanneer nuwe pryse in werking sou tree.

“Godrich Flour Mills het nie die kartelbesl­uite in werking gestel nie, maar het erken dat hy deelgeneem het aan praktyke om regstreeks of onregstree­ks ’n koop- of verkooppry­s vas te stel,” sê die tribunaal.

Respondent­e in die saak wat tot dusver met die tribunaal geskik het en administra­tiewe boetes betaal het, is Pioneer Foods (R500 miljoen), Pride Milling (R10,6 miljoen), Brenner Mills (R12 miljoen), Blinkwater (R10 miljoen), Keystone Milling (R6,7 miljoen), Bothaville Milling (R4,2 miljoen) en Carolina Rollermeul­e (R4,4 miljoen).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa