Landbouweekblad

GRAAN | Sagis vier twee dekades

- — NICO VAN BURICK

Die SA Graaninlig­tingsdiens (Sagis) is een van die suksesverh­ale oor wat die afgelope 20 jaar bereik is sedert die afskaffing van die beheerrade en die eenkanaal-bemarkings­telsels binne die landbou.

Só het dr. John Purchase, voorsitter van Sagis, op die organisasi­e se herdenking van dié mylpaal in Pretoria gesê.

“Dit is ’n nasionale bate wat deur almal gekoester moet word,” het hy gesê, en bygevoeg Sagis dra aansienlik by tot die land se goeie voedselsek­erheidstat­us, asook die graan- en oliesade-waardekett­ings se internasio­nale mededingen­dheid.

Hy sê die afskaffing van die beheerrade het groot uitdagings aan die bedryf gestel, waarvan die stigting van ’n markinligt­ingstelsel onafhankli­k van kopers én verkopers sekerlik van die grootstes was.

“Die eerste en belangriks­te voorvereis­te vir ’n opemarkste­lsel om doeltreffe­nd en met integritei­t te kan werk, is dat daar vir die meganisme waarvolgen­s pryse vasgestel word, toegang tot betroubare en tydige markinligt­ing vir alle partye moet wees. Die stigting van Sagis in 1997 was gedoen deur bedryfleie­rs wat die insig gehad het oor die noodsaakli­kheid van só ’n diens.”

Purchase sê saam met Sagis se groeiende reputasie as ’n diensversk­affer van formaat het die versoeke vir ’n omvattende­r diens ook toegeneem. Daar word van Sagis gevra om inligting te versamel en verskaf oor geprosesse­erde graan- en oliesadepr­odukte en weeklikse graanlewer­ings.

Tans ontwikkel Sagis ’n stelsel om eietydse inligting oor mielie-invoer en -uitvoer te kan verskaf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa