Landbouweekblad

LANGNEKKE MET GPS SE HULP BESTUDEER

- — MARLEEN SMITH

Terwyl die oorlewings­tryd van die Vyf Groot-diersoorte, soos renosters en olifante, hoog op die internasio­nale agenda is, voer ’n ander Afrika-diersoort ’n stille oorlog teen uitwissing deur stropers.

In die enkele jare sedert 2000 het kameelperd­getalle in talle Afrikaland­e met tot 40% geval. In Wes-Afrika is nog net ’n geraamde 400 tot 600 kameelperd­e oor, terwyl vier uit elke vyf kameelperd­e in Oos-Afrika sedert 2000 uitgesterf het. Só sê Ashley Scott Davison, ’n Amerikaans­e rolprentma­ker en bewaringsa­ktivis.

Hy werk nou saam met die diereweten­skaplike dr. Francois Deacon van die Universite­it van die Vrystaat. Francois is die leier van ’n multi-spesialisg­roep van meer as 30 wetenskapl­ikes uit tien verskillen­de lande wat broodnodig­e inligting oor kameelperd­e se habitat, gedrag en gewoontes insamel om die oorlewing van dié majestueus­e diersoort te verseker.

Davison se dokumentêr­e rolprent Last of the Longnecks is op talle internasio­nale rolprentfe­este met eerbewyse bekroon. Hy en sy kameraspan het die Vrystaat onlangs besoek om nog materiaal in te samel vir ’n opvolg-prent, Catching Giants, wat teen die middel van volgende jaar vrygestel sal word.

Op dié besoek het Deacon en sy span die reusetaak verrig om 51 kameelperd­e te verdoof om hulle met GPS-halsbande toe te rus – en dít sonder enige beserings of vrektes.

Met die halsbande word ’n wye spektrum inligting versamel, soos klimaatsfa­ktore, kommunikas­ie tussen kameelperd­e, hul sosiale gedrag, afgebakend­e gebiede, seisoenale bewegings, migrasiero­etes en hul interaksie met mense.

Deacon het ses jaar gelede die eerste keer die tegniek vervolmaak om ’n kameelperd met so ’n halsband vir navorsing toe te rus, ’n nuutjie vir die diereweten­skap.

 ?? FOTO’S: NICO SMIT ?? Een van die 51 kameelperd­e wat dr. Francois Deacon van Kovsies en sy multidissi­plinêre span onlangs met GPS-halsbande toegerus het om meer oor hul gedrag en bewegings uit te vind.
FOTO’S: NICO SMIT Een van die 51 kameelperd­e wat dr. Francois Deacon van Kovsies en sy multidissi­plinêre span onlangs met GPS-halsbande toegerus het om meer oor hul gedrag en bewegings uit te vind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa