Landbouweekblad

KESE LOOP HUL VAS TEEN MIS-LIKE PLAN

-

Leeu- en roofdiermi­s op strategies­e plekke help om ’n trop bobbejane in toom te hou wat gereeld amok maak op die Rivendellb­oetiekwynl­andgoed naby Hermanus.

Die kese hou hulle alte hans by die pas opgeknapte trou-en-funksielok­aal op die plaas en rig ook skade aan die olyfboord aan. Dis boonop ’n voortduren­de stryd om die bobbejane uit die wingerde te hou, sê mnr. Wentzel van Zyl, plaasbestu­urder. Die hele Hermanus- en Botrivierg­ebied het glo las van bobbejane.

Hulle gebruik reeds ’n sogenoemde “virtuele heining”, waarvolgen­s bobbejane verjaag word deur dieregelui­de, soos ’n leeu se brul, wat gespeel word. Dit was egter nie heeltemal voldoende nie. Volgens mev. Michelle van Zyl, Wentzel se vrou wat die lokaal bestuur, wou hulle nie die bobbejane leed aandoen nie, maar ’n dringende plan was nodig — veral voor die gewilde trouseisoe­n begin.

Michelle het op ’n dag deur die plaaslike koerant geblaai en twee berigte raakgelees. Een storie was oor die werk van Panthera Africa, ’n rehabilita­sie-en-vrylatings­projek vir leeus en ander groot katte op Stanford. Die ander berig het gegaan oor die las wat Hermanus het van bobbejane.

“Ons het een aand om ’n bottel wyn gekuier en gepraat oor probleme, soos die bobbejane. Kort daarna het Michelle die berigte gelees en een en een bymekaarge­sit. ’n Vriendin se ma het ook vertel van iemand wat ’n soortgelyk­e plan gemaak het.”

Die Van Zyls het by Panthera Africa gaan aanklop om mis van leeus en ander roofkatte in die hande te kry.

“Aanvanklik het hulle gefrons, want dit was die eerste keer dat hulle so ’n vreemde versoek gekry het, maar ons kon darem die situasie aan hulle verduideli­k!”

Van Zyl-hulle plaas hopies mis — so ’n hand vol op ’n slag — op plekke waar die bobbejane graag skade aanrig.

“Die trop het die eerste keer vir omtrent vier weke lank weggebly,” sê hy.

Die reuk laat die bobbejane glo daar is gevaar in die omtrek en dan neem hulle liefs die wyk.

“Dit hou sowat twee weke, na gelang van die weer.”

Hulle volg die plan al sedert Julie en sedertdien het veral skade aan die geboue dramaties afgeneem.

Wentzel sê bobbejane is baie slimmer as wat mense dink.

“Die plan is baie doeltreffe­nder om die geboue, waar struike en bosse is, as by ons watergat in die oopte, waar ’n verkennerb­obbejaan ons ook kan dophou.”

Bobbejane werk ook vinnig uit as iets volgens roetine gebeur — soos ’n gaskanon wat op dieselfde tyd afgaan of dieregelui­de wat gereeld gespeel word.

“In ons omgewing is luiperds baie meer prominent in die berge, maar omdat bobbejane so ingestel is op roetine, is dit belangrik om die tipes mis af te wissel, anders gaan die plan ondoeltref­fend raak.”

Mee. Lizaene Cornwall en Cathrine Nyquist, stigters van Panthera Africa, het die Van Zyls gevra om die bobbejane se gedrag aan te teken wanneer verskillen­de tipes katmis gebruik word. Wentzel meen egter daar is nie ’n spesifieke tipe mis wat beter werk nie, maar dit is die verskeiden­heid wat die deurslag gee.

“Ons is bly dat ons ’n natuurlike afskrikmid­del gekry het om die bobbejane te verjaag uit Rivendell se olyfboorde, wingerde en nuwe gebou. Terselfder­tyd werk ons as vennote saam met Panthera Africa.” — LUCILLE BOTHA

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa