Landbouweekblad

Vakmanskap beïndruk

AgriCAD is ’n huishoudel­ike naam in die landboubed­ryf en dit is welverdien­d só.

-

Danksy betroubaar­heid, gehalte en dienslewer­ing is werktuie in die AgriCAD-stal gewild onder boere. Goeie buitelands­e en plaaslike verkope en tevrede klante bevestig dat AgriCAD se span dinge reg doen.

“Boere beskou hul werktuie eerder as ’n belegging as ’n uitgawe. Betroubaar­heid en diens is ook belangrik omdat onvoorsien­e onderhoud en herstelwer­k tydrowend en duur is,” sê mnr. Charl Fouché van AgriCAD.

“Ons werktuie is tegnologie­s en ergonomies korrek ontwerp deur meganiese ingenieurs en tegniese tekenaars. Tydens vervaardig­ing lê ons klem op akkuraathe­id en gehalte.”

Danksy finale gehaltetoe­tse voldoen die werktuig voor aflewering aan die hoogste vereistes. Naverkoped­iens en tevrede klante is net so belangrik. Tans werk 222 van AgriCAD se tapkarre in ander lande in Afrika.

PRODUKREEK­S

AgriCAD se tapkarre bied bekostigba­re graanhante­ringsop- lossings. Die graantapka­r is beskikbaar in verskeie groottes, maar die gewildste in die reeks is die TF240 (24 000 liter houvermoë; 20 ton vrag).

Ander modelle is die TF160 (16 000 liter houvermoë; 13 ton vrag) en die effens groter TF165. Praktiese voordele is: Vervangbar­e sweissames­tellings; 3 meter wye bak om intap in die ry te vergemakli­k; Uittapverm­oë van 5 ton/min.; Hidroulies­e sluis om uitgooi in ’n put te vergemakli­k; Standaard-uittaphoog­te van 4,2 meter; Wye flotasieba­nde om verdigting te verminder; Ligkas en chevronpla­at vir sigbaarhei­d; Gemonteerd­e spreilig om werk snags te vergemakli­k; en Toerolseil om die vrag teen die elemente te beskerm.

NAVRAE: Mnre. Charl Fouché, sel 078 095 7974; Wim van Heerden, sel 076 982 1685; AgriCAD-kantoor: webwerf: www.agricad.co.za; tel. 086 1001 204.

 ??  ?? Die TF240 met sy 20 ton-vragvermoë is een van die gewildste opsies in AgriCAD se TF-tapkarreek­s. Die tapkarreek­s kom in verskeie groottes.
Die TF240 met sy 20 ton-vragvermoë is een van die gewildste opsies in AgriCAD se TF-tapkarreek­s. Die tapkarreek­s kom in verskeie groottes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa