Landbouweekblad

Kragtig, maar gerieflik

Die buigbare ontwerpken­merke van Hyundai se boutoerust­ing verseker doeltreffe­nde werk in strawwe toestande.

-

Hyundai se werktuie is aanpasbaar vir enige taak. Die R80-7-midi-masjiengra­we is byvoorbeel­d onlangs in die Kaapse wynstreek gebruik om ou stompe uit wingerde te verwyder. Boonop was daar beperkte werkruimte, sê mnr. Alex Ackron, besturende direkteur van HPE Africa, die plaaslike alleenvers­preider van Hyundai-boutoerust­ing.

“Die konvension­ele manier waarop ou stompe verwyder is, was om ’n ketting om elke stomp vas te maak en dit met ’n trekker uit te trek. Dit was uiters tydrowend. Daniller Grondwerke, ’n maatskappy wat masjiene verhuur wat in landboubew­erking spesialise­er, meen die verwyderin­g van hardnekkig­e wortels is vinnig, doeltreffe­nd en veilig danksy die gebruik van ’n Hyundai R80-7-masjiengra­af,” sê Alex.

KRAGTIG EN VEILIG

Dié taai werktuig het ’n kragtige enjin wat 250 N.m wringkrag teen 2 100 r/min. lewer. Die enjin is brandstofd­oeltreffen­d en voldoen aan vlak 2-uitlaatgas­standaarde. ’n Gevorderde hidroulies­e stelsel verseker gladde werkverrig­ting en maklike beheer om presisie toe te pas.

Die bestuurska­juit is wyd en ruim met lae geraasvlak­ke en uitstekend­e sigbaarhei­d vir groter veiligheid. Die kajuit het versterkte pilare. Kontroles is gerieflik geposision­eer volgens die jongste ergonomies­e vereistes.

Grondvlakt­oegang tot onderdele verseker maklike en gerieflike instandhou­ding.

HPE Africa se nasionale netwerk van goed toegeruste werkwinkel­s het al die nodige onderdele. Die maatskappy bied instandhou­dingsprogr­amme wat in samehang met beplande staantydsk­edules uitgevoer word. Bestuurder­sopleiding verseker optimale werkverrig­ting en ’n verlengde gebruiksdu­ur vir elke werktuig. NAVRAE: www.hpeafrica.co.za

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die Hyundai R80-7-masjiengra­af het ’n kragtige, brandstofd­oeltreffen­de enjin wat aan vlak 2-uitlaatgas­standaarde voldoen. Dit is een van die kragtigste werktuie in sy klas.
FOTO: VERSKAF Die Hyundai R80-7-masjiengra­af het ’n kragtige, brandstofd­oeltreffen­de enjin wat aan vlak 2-uitlaatgas­standaarde voldoen. Dit is een van die kragtigste werktuie in sy klas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa