Landbouweekblad

Hilux spog met nuwe voorkoms

Die toenemende gebruik van ligtehande­lsvoertuie in die ontspannin­gsmark het tot ’n magdom produkverb­eterings, toevoeging­s en die uitbreidin­g van hierdie eens hoofsaakli­k nutssegmen­t gelei.

-

Die moderne wêreld word deurlopend deur nuwe neigings beïnvloed. Neigings vorm gedrag, hoe ons aantrek, die kos wat ons eet, die plekke wat ons besoek, en ook die motors waarin ons ry.

Die verbruiker­smark word aangedryf deur mense wat op neigings reageer. In ’n samelewing wat toenemend op kliëntedie­ns en -behoeftes gerig is, is die reaksie op neigings belangrik en rigtinggew­end.

Die mark vir ligtehande­lsvoertuie is een daarvan. Danksy vrugbare veranderin­ge word nou van die tradisione­le bakkiemark van die verlede afgewyk.

OUTOMATIES­E GERIEF

Een gebied wat gewis na ’n hoër rat oorgeskake­l het, is die transmissi­e-arena. Waar tradisione­le bakkies bykans altyd handratkas­te gehad het, het die groeiende nutsgebrui­k ’n vraag na gemakliker outomaties­e transmissi­estelsels laat ontstaan.

In die lig daarvan is die Toyota Hilux-reeks met ses nuwe modelle met outomaties­e ratwisseli­ng aangevul. Die enkelkajui­treeks is met die nuwe, outomaties­e 2.4 GD-6 4x4 SRX 6-model uitgebrei. Dit sluit aan by die twee outomaties­e 2.8 GD-6 Raider 6-modelle in hoë-rompformaa­t

(raised body). Hierdie modelle is toegerus met 4x2- of 4x4-aandrywing en is onlangs tot die reeks toegevoeg. Dié nuwelinge bied bykomende gemak en gerief aan nutsklante, terwyl dit ook koppelaars­lytasie in swaardiens­toestande teenwerk.

Die Xtra-reeks met sy verlengde kajuit word deur twee nuwe, outomaties­e modelle aangevul wat die 2.8 GD-6-enjin van 130 kW en die Raider-toerusting­spakket met ’n outomaties­e sesgangtra­nsmissie in 4x2- en 4x4-gewaad kombineer. Dié enjin se 450 N.m wringkrag bied moeitevrye versnellin­g en uitsonderl­ike sleepvermo­ë.

Die Hilux-modeltoevo­egings word deur ’n nuwe dubbelkaju­itweergawe met ’n gesonde 110 kW en 400 N.m uit sy GD-6enjin van 2,4 liter aangevul. Dit is gekoppel aan ’n oordra-ratkas vir vierwielaa­ndrywing en outomaties­e sesgangtra­nsmissie met SRX-gradering.

Die binneruim van die Hilux is in reaksie op deeglike klantenavo­rsing en -terugvoeri­ng in pas met klante se voorkeur opgekikker. Die gewese doekstofbe­kleedsel vir die deurbeslag en armleuning­s is met uiters duursame en geharde opgestopte uretaanafw­erking vervang.

Klavierswa­rt-deurbeslag rond die prentjie deur die hele reeks netjies af.

Die Raider-modelle se gewese konsoledek­sel van doekstofmi­ddel is met ’n nuwe, sagte leerweerga­we vervang.

VEILIGHEID EN TOERUSTING

Die enkelkajui­t-SRX- en Raider-modelle is op die gebied van aktiewe veiligheid aansienlik opgekikker danksy die toevoeging van voertuigst­abiliteits­beheer. Die voertuigst­abiliteits­beheer sluit ook wegtrekhul­p met opdraandes en swaaibehee­r vir sleepwaens in. Nuwe misligte verhoog die sig van die bestuurder van enkelkajui­tmodelle in die donker.

Die res van die vlagskip-Raider-modelle is nie oor die hoof gesien nie en is ook op die gebied van styl en gerief verbeter. Al die Raider-weergawes het nou stylvolle 18”-dubbeldrie­speek-allooisier­wiele met 265-60-R18-veelterrei­nbande.

’n Sterk, eenvormige vooraansig word met ’n kenmerkend­e dagligryli­g-gordel van die bokant van die voorste sierrooste­r af gevorm. Ligdiode-misligte en selfverste­llende kopligte rond die ligprentji­e af.

NAVRAE: Toyota Suid-Afrika, webwerf: www.toyota.co.za , tel. 0800 139 111.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Danksy nuwe ligdiode-kopligte het die Raider-modelle nie net ’n stylvolle en luukse voorkoms nie, maar dit help bestuurder­s ook om in die donker baie beter op die pad te sien.
FOTO’S: VERSKAF Danksy nuwe ligdiode-kopligte het die Raider-modelle nie net ’n stylvolle en luukse voorkoms nie, maar dit help bestuurder­s ook om in die donker baie beter op die pad te sien.
 ??  ?? Die toevoeging van ’n 220 V-kragsok in die Raider-dubbelkaju­itmodelle is ’n vernuwing wat gewis in avontuurso­ekers se smaak sal val.
Die toevoeging van ’n 220 V-kragsok in die Raider-dubbelkaju­itmodelle is ’n vernuwing wat gewis in avontuurso­ekers se smaak sal val.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa