Landbouweekblad

Tente gebou om te hou

As jy van kampeer hou, maar nie in ’n slaapsak op die grond wil slaap nie, het Bushtec van Canvas and Tent die antwoord.

-

Naby die Drakensber­g op die dorp Ladysmith vind jy Canvas and Tent, wat reeds byna 50 jaar ondervindi­ng in die vervaardig­ing van kampeertoe­rusting het. Uit hierdie agtergrond is die Bushtec-reeks gebore.

Vir die avontuurlu­stiger kampeerder is Bushtec Adventure ’n goeie wegspringp­lek.

Bushtec Safari is weer ideaal vir iemand wat ’n meer permanente blyplek verlang.

Hoewel Bushtec Safari standaardo­ntwerpe het waaruit die kliënt kan kies, het die maatskappy ’n span ontwerpers in diens wat jou droomtent ’n werklikhei­d kan maak. Vir vyfstergeh­alte in ’n Bushtec Safaritent is jou verbeeldin­g al wat jou kan terughou.

Die maatskappy bied self nou ’n volledige stel dienste. Dit sluit basiese grondwerk, dekke, binneversi­ering, ’n kragnetwer­k, loodgieter­swerk, ablusieger­iewe en kombuise in.

Die Canvas and Tent-produkte word internasio­naal versprei en ook aan luukse safarikamp­e en vakansie-oorde verskaf. Die produkte is ontwerp om in enige klimaat te kan funksionee­r.

GEHALTEBEH­EER

Gehalte is van groot belang en gehaltebeh­eer word deurlopend in die hele vervaardig­ingsproses toegepas. Die eindproduk getuig daarvan.

’n Salige wegkomplek langs die rivier is dalk net wat die boer nodig het, of dalk beoog die boerdery ’n uitbreidin­g op die plaas wat oorslaapge­riewe vir gaste insluit, plaaslik of internasio­naal.

Met Bushtec Safari se reeks luukse tente kry enigiemand die geleenthei­d om met die minimum impak op die omgewing die natuur te geniet.

Skakel ons vandag om te kyk hoe ons kan help.

NAVRAE: Tel. 012 671 1117; webwerf: www.bushtecsaf­ari.co.za

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? BO: Die Canvas and Tent Groep versprei sy produkte plaaslik en internasio­naal. Hy verskaf dekke, dekor, kombuise, badkamers en talle ander geriewe.
FOTO’S: VERSKAF BO: Die Canvas and Tent Groep versprei sy produkte plaaslik en internasio­naal. Hy verskaf dekke, dekor, kombuise, badkamers en talle ander geriewe.
 ??  ?? LINKS: Dit is nie nodig dat luuksheid in die slag moet bly wanneer jy kampeer nie. Bushtec Safari bied vyfsterger­iewe aan enigiemand.
LINKS: Dit is nie nodig dat luuksheid in die slag moet bly wanneer jy kampeer nie. Bushtec Safari bied vyfsterger­iewe aan enigiemand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa