Landbouweekblad

DIE LE ROUXS VAN DE RUST

Swepie en Ann le Roux en hul sewe kinders ken die geheime van goeie kos. Hul manier van leef, kook en eet, getuig van ’n diep respek en liefde vir wat die seisoene voorsien.

-

Jy kan nie oor die kos en kokke van die Klein-Karoo praat sonder om ook oor die Le Roux-familie van die plaas Doornkraal by De Rust te praat nie. “Kos speel ’n baie groot rol in ons lewe,” sê Gerrit (Swepie) le Roux, eienaar van Doornkraal. Sy ma en, in besonder, sy skoonma se kookvernuf was meesterlik.

Swepie en Ann is albei kosmense. Derhalwe het hul sewe kinders – Julia, Emilia, Piet, Annette, Celia, Louise en Maria – grootgewor­d in ’n huis waar hulle interessan­te kos geëet het met vars, seisoenale bestanddel­e wat op die plaas geprodusee­r is.

Op Doornkraal word met wingerd geboer en wyn gemaak, maar die diverse boerdery sluit ook skape, beeste en die produk- sie van groentesaa­d (sprietuie, wortels, pampoene, tamaties en beet) in. Net by die kombuisdeu­r uit is Swepie en Ann se indrukwekk­ende groentetui­n, waar jy groente- en kruiesoort­e sal raakloop wat jy nie eens op die meeste deli’s se rakke sal vind nie.

“Ons is ver van die winkels. As jy in die kombuis is en wil kook, is dit wonderlik om net tuin toe te stap en jou groente of kruie te gaan pluk,” vertel hul dogter Celia, wat op Doornkraal boer.

Die Le Rouxs se oudste dogter, Julia, is die speaker van Oudtshoorn se munisipale raad, maar is net so tuis in die kombuis. Sy berei vir Elma twee familie-gunsteling­e voor: ’n ryk en lekker rysbredie en piesangvla (Celia se gunsteling-nagereg), wat gereeld met haar verjaardag op Doornkraal se groot eetkamerta­fel sy verskyning gemaak het.

 ??  ?? Elma Postma gesels met Gerrit (Swepie) le Roux en sy dogter Celia oor hul boerdery en die rol wat kos in hul lewe speel.
Elma Postma gesels met Gerrit (Swepie) le Roux en sy dogter Celia oor hul boerdery en die rol wat kos in hul lewe speel.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa