Landbouweekblad

Rekordprys vir Steytler se Kaapse versnit

- — LUCILLE BOTHA

DIE Stellenbos­se wynmaker mnr. Danie Steytler het sy loopbaan as lid van die Kaapse Wynmakersg­ilde op ’n hoë noot afgesluit toe sy rooi versnit, Kaapzicht The Ultimate Vision 2015, ’n nuwe rekordprys behaal het vir die hoogste bod wat tot nog toe vir ’n kis wyn op die gilde se veiling gebie is.

Die kis spesiale wyn, met ses bottels, is op die 33ste Kaapse

Wynmakersg­ilde-veiling op Spier teen R16 600 verkoop. Die wyn is namens ’n Duitser deur ’n geoktrooie­erde rekenmeest­er van Kaapstad gekoop.

“Ek kon dit nie glo nie! My mond het oopgehang toe die mense so hoog bie vir die wyn. Dit was wonderlik. Die mense is regtig fantasties om vir my so ’n afskeid te gee. Dit was ’n baie gawe afskeidsge­skenk,” het Danie aan Landbouwee­kblad gesê.

The Ultimate Vision is ’n Kaapse versnit, wat beteken dit moet minstens 30% Pinotage bevat.

“Pinotage was eintlik die sterk

been van hierdie wyn, wat bestaan uit 45% elk Pinotage en Cabernet Sauvignon en 10% Merlot.”

OMSET WYS VEILING SE PLEK

Die veiling se totale verkope het net meer as R13,2 miljoen beloop. Mnr. Miles Mossop, voorsitter van die gilde, sê te midde van die huidige ekonomiese klimaat is die resultate ’n pluimpie vir die wynbedryf. Altesaam 2 962 kiste wyn is teen gemiddeld R4 464 per kis verkoop. Die gemiddelde prys per bottel was R744.

Onder die 142 geregistre­erde

kopers was 23 van die buiteland. Die internasio­nale kopers het net meer as ’n vyfde van die wyn gekoop. Die hotelgroep Tsogo Sun was oudergewoo­nte die grootste koper op die veiling. Die groep het sowat R1,7 miljoen bestee.

Die liefdadigh­eid s veiling, ten bate van die gildes e Protégè-projek wat jong wynmakers en wingerd boukundige­s help ontwikkel, het R140 000 ingesamel. Altesaam 44 bottels (1,5 liter elk) van al die gilde se lede wat ’n wyn op die veiling aangebied het, is vir liefdadigh­eid opgeveil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa