Landbouweekblad

KLEINER WILD VERKOOP GOED

- — ROELOF BEZUIDENHO­UT

Die Summit-wildgroep se tweede jaarlikse veiling op Graaff-Reinet was ’n groot sukses, ten spyte daarvan dat die omset R3 miljoen laer was as die vorige jaar. Die omset was sowat R14 miljoen.

Die duurste dier was ’n swartwitpe­nsbul wat deur die Valley Venture-stoetery, Vryburg, teen R1 miljoen aan mnre. Petrus Scholtz en Warren Lovemore van Douglas verkoop is. Van die ander goeie pryse wat behaal is, sluit in R850 000 vir ’n buffel, R460 000 vir ’n Kalahari-springbokr­am, R160 000 vir ’n rooibokram, R110 000 vir ’n gemsbokbul, R90 000 vir ’n koedoebul en R36 500 vir ’n klipspring­erram.

Die Summit-wildgroep bestaan uit ’n aantal Karooboere wat ernstig met wild boer. Veral met die droogte en tam ekonomiese klimaat was mnr. Neil Dodds van Nukamma-wild, Jansenvill­e, in sy skik met die opbrengs.

“Ons veiling is maar klein vergeleke met die groot veilings in die noorde. Dáár word baie buffels verkoop,” het hy gesê. “Maar ons het nou weer meer kleiner wild, soos springbokk­e, en daar was juis groot belangstel­ling in hulle van boere uit die noorde.”

Daar was selfs kopers (beleggers met plase in Suid-Afrika) wat die veiling uit Amerika, Engeland en Slowakye bygewoon het.

Twee lotte is ook vir liefdadigh­eid opgeveil. ’n Wildvangne­t is teen R140 000 ten bate van die Whitlock-sorgsentru­m op Jansenvill­e verkoop, terwyl ’n olieverfsk­ildery deur Nenene Bester en ’n bottel Rupert & Rothschild-wyn vir R130 000 verkoop is ten bate van ’n leesprojek op Klipplaat.

 ?? FOTO: LBW-ARGIEF ??
FOTO: LBW-ARGIEF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa