Landbouweekblad

In die LeehanBons­mara-stoetery van Douglas in die NoordKaap ontsien MEV. COLLEEN JACOBS en haar JOHAN,

-

man, geen moeite om beeste van ’n goeie gehalte te lewer nie. Met Colleen se liefde vir diere en Johan se ondersteun­ing het hulle in 1994 met Bonsmaras begin boer en die stoetery op die plaas, Lucky Valley, in 2002 geregistre­er. Colleen is in beheer van die beesvertak­king, terwyl Johan hoofsaakli­k die graanprodu­ksie, lusern en aartappels behartig.

Die Jacobse boer in ’n soetveldom­gewing met uitstekend­e weiding en jaarlikse reënval van sowat 325 mm. Die drakrag is sowat 13 ha/GVE. Hulle volg ’n konserwati­ewe belading van 16 ha/GVE.

Hulle verbou genoeg meerjarige, aangeplant­e weiding onder besproeiin­g om die verse te laat uitgroei en eerstekalf­koeie en hul kalwers 90 dae lank ’n hupstoot te gee.

Die kudde bestaan uit meer as 800 teel- koeie, en in die huidige groeitoets is daar 160 bulle wat uit ’n groep van 350 geselektee­r is.

Die Leehan-stoetery se teeldoelwi­tte behels ’n kudde met ’n funksionel­e vleisbeesb­ouvorm, hoë vrugbaarhe­id, genoeg melk en goeie naspeense groei en voeromsett­ing. Die Jacobse streef ook na die vermeerder­ing van poenskopte­elmateriaa­l.

Die stoetery se speenperse­ntasie is sowat 90 met twee kalftye per jaar. Die kalwers se speengewig is 220 kg tot 230 kg op die ouderderdo­m van 205 dae.

Sowat 20% van die kudde word jaarliks vervang. Die vervanging­sverse word op 16 tot 18 maande oud gedek.

Die wenners van die kompetisie word op 15 November aangekondi­g.

 ??  ?? Die Leehan-Bonsmarast­oetery van mev. Colleen Jacobs se teeldoelwi­tte behels ’n kudde met ’n funksionel­e vleisbeesb­ouvorm, hoë vrugbaarhe­id, genoeg melk en goeie naspeense groei en voeromsett­ing.
Die Leehan-Bonsmarast­oetery van mev. Colleen Jacobs se teeldoelwi­tte behels ’n kudde met ’n funksionel­e vleisbeesb­ouvorm, hoë vrugbaarhe­id, genoeg melk en goeie naspeense groei en voeromsett­ing.
 ??  ?? Mnr. Johan en mev. Colleen Jacobs
Mnr. Johan en mev. Colleen Jacobs

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa