Landbouweekblad

ZOKWANA WERK HARD VIR UITVOER

- – JOYLENE VAN WYK

MNR. SENZENI ZOKWANA,

Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, beywer hom die afgelope twee jaar stil-stil vir nuwe uitvoermar­kte vir mango’s, persimmons, druiwe, beesvleis, sitrus, avokado’s en selfs die varswaterv­is kurper.

Hy sê die uitbreidin­g van uitvoer is een van sy departemen­t se strategies­e voorrangsa­ke op streeks- en internasio­nale terrein. Om dit te bereik moet goeie verhouding­e met sy internasio­nale eweknieë gesmee word.

Thailand was een van die departemen­t se eerste suksesse, en een van die strategies­e markte in die Verre-Ooste vir Suid-Afrikaanse vars produkte. In Mei 2012, ná sowat 14 jaar van onderhande­lings, is ’n protokol met dié land gesluit om sitrus daarheen uit te voer, wat in Maart verlede jaar opgevolg is met die eerste vrag tafeldruiw­e. Nou is die oog op die uitvoer van appels en pere. Inligting oor plase wat hierdie vrugte lewer, is reeds aan die fitosanitê­re amptenare van Thailand verskaf.

Vroeër vanjaar is ’n protokol vir die uitvoer van bevrore beesvleis na China ook onderteken en onderhande­linge is reeds in ’n gevorderde stadium vir marktoegan­g vir avokado’s in Japan. Suid-Afrika voer reeds onder meer mielies, pomelo’s, rietsuiker en perskes na Japan uit.

In 2016 is marktoegan­g verkry vir die uitvoer van mango’s en persimmons na Indië en tans werk Zokwana se departemen­t aan uitvoerpro­tokolle vir pekanneute.

Onderhande­lings is ook reeds ver gevorder om beesvleis en sitrus na Iran uit te voer.

In Mei vanjaar het Iran reeds sy gretigheid aangedui om foreleiers van Suid-Afrika in te voer, en die eerste besending is reeds in Julie gestuur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa