Landbouweekblad

Crème brûlée met fudge-bolaag

-

1 vanieljepe­ul

1 liter room

200 g suiker

7 ekstragroo­t eiergele

15 ml rooswater (opsioneel) Kookwater, vir bak

6 klein blokkies fudge (hou in die yskas)

Voorverhit die oond tot 150 °C. Sny die vanieljepe­ul in die lengte oop en krap die sade uit. Hou die peul. Jy kan dit in die toekoms weer by ’n mengsel voeg. Daar sit altyd nog baie van die sade in die peul vas en dis goud werd. Plaas die vanieljesa­de, room en suiker in ’n kastrol en verhit oor matige hitte. Roer gedurig tot die suiker opgelos is en jy stoom sien vorm. Die room moenie kook nie. Plaas die eiergele in ’n mengbak en klits. Voeg ’n klein bietjie van die roommengse­l by die eiergele terwyl jy heeltyd klits. Voeg die res geleidelik by. Moenie die warm mengsel te vinnig by die eiergele voeg nie. Wanneer dit goed gemeng is, gooi die mengsel terug in die kastrol en plaas oor matige hitte terwyl jy deurentyd roer, tot dit begin dik raak. Voeg die rooswater by. Verdeel die mengsel tussen klein bakkies (ramekins) en plaas in ’n diep oondbak. Giet kookwater versigtig in die oondbak tot die water die helfte van die hoogte van die bakkies bereik. Bak vir 30-40 minute. Die inhoud moet nog ’n bietjie beweeg wanneer jy dit liggies skud. Haal uit die oond en laat heeltemal afkoel, en plaas in die yskas vir 3 uur of langer. Skakel jou oond se rooster aan, of gebruik ’n kombuis-blaasvlam. Rasper die fudge op die fyn kant van die rasper en strooi dit oor die crème brûlée. Plaas in die oond direk onder die roosterele­ment vir ongeveer 1 minuut, of tot die fudge liggies karamellis­eer. Moet dit nie te lank onder die rooster hou nie – dit sal vinnig brand en indien die crème brûlée te warm raak, kan dit smelt of loperig raak. Lewer 6 porsies.

 ??  ?? 30 minute. Voeg nog water by indien nodig. Verwyder die heel speserye en lemoenskil indien verkies. Lewer 4-6 porsies.
30 minute. Voeg nog water by indien nodig. Verwyder die heel speserye en lemoenskil indien verkies. Lewer 4-6 porsies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa