Landbouweekblad

BLINK TOEKOMS WINK VIR MAKADAMIAS

- — JASPER RAATS

Die vraag na makadamian­eute bly sterk en hou aan om tot rekordprys­e in die handelsmar­k te lei, sê mnr. Alex Whyte, besturende direkteur van die bekende Green Farm Nut Company, ’n maatskappy wat makadamias uit Limpopo en Mpumalanga se Laeveld-streke verwerk en uitvoer.

Whyte sê ook ál meer kopers beskou Suid-Afrikaanse makadamian­eute nou as net so goed as Australië se neute. Beter verwerking­saanlegte en verwerking­svermoë, asook ’n groter vraag het die wêreldmark aan Suid-Afrikaanse neute blootgeste­l.

Whyte sê makadamias lê in die premie-voedselseg­ment van die mark. Daar word tans net 20% van die wêreld se makadamias as bestanddee­l in voedselpro­dukte gebruik. Dit is baie min vergeleke met amandels, waarvan omtrent 80% van die wêreldprod­uksie na die bestanddel­e-mark gaan.

Die goeie nuus is egter dat al hoe meer voedselver­vaardigers makadamian­eute as bestanddel­e in onder meer pasta, botter, koekies en roomys gebruik.

Whyte sê daar is ’n toename in die vraag na natuurlike, gesonde bestanddel­e in kos. Dit word veral gesien in lande waar die gemiddelde ouderdom van die bevolking al hoe hoër word. Whyte sê Suid-Afrika se goeie beheer oor chemikalie­ë en die gebruik van geregistre­erde produkte tel in produsente se guns.

Hy sê die makadamiab­edryf sal deurlopend navorsing na die neut se gesondheid­svoordele moet doen en dit met mening moet bemark.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa