Landbouweekblad

Saaiboere op hete kole

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT en ROELOF BEZUIDENHO­UT

NÁ maande van onverpoosd­e voerskenki­ngs aan droogteget­eisterde dele van die Oos-, Wesen Noord-Kaap is die vrygewighe­id van Suid-Afrikaanse boere nóg nie op ’n einde nie.

Verlede week is 1 500 bale oulandsgra­s van die Neuhoff-boerdery by Delmas met die samewerkin­g van Agri SA na Beaufort-Wes vervoer – twee seisoene nadat die Neuhoff-boerdery self deur ’n knellende droogte moes kom.

“Wanneer ’n boer self in so ’n posisie was, besef jy watter impak dit op ’n boerdery het as jy nie ’n uitweg sien nie. Dit het ons aangespoor en ons kon die bale skenk aan mede-boere wat dit nodig het,” het mnr. Francois Neuhoff gesê toe die konvooi van 30 vragmotors verlede Dinsdag vertrek het op die tog van net meer as 1 000 km. Lees meer by

HULP VIR ANGORABOER­E

Intussen het die sybokhaark­oper en -verwerker Samil Natural Fibres met behulp van buitelands­e vennote geld bewillig om 15 vragte voer aan Angorabokb­oere te skenk. Een vrag van 720 sakke mielies is verlede week op Steytlervi­lle in die Suidoos-Karoo afgelaai (foto regs). Die besending is een van 15 soortgelyk­es wat met dié geld gekoop is.

Volgens ’n woordvoerd­er van Samil het die maatskappy self eerstehand­se blootstell­ing aan die uitmergele­nde droogte in die Karoo en groot dele van die Oos-Kaap. Mnr. Francis Patthey, voorsitter van Samil, sê hulle wens hulle kon nóg meer doen om boere te help aangesien dié bedryf dringend gestabilis­eer moet word.

Die Sybokhaart­rust het vir die vervoer van die mielies betaal. Vragte is ook afgelaai op Prins Albert, Leeu-Gamka, Oudtshoorn, Beaufort-Wes, Rietbron, Willowmore, Aberdeen, Klipplaat, en Jansenvill­e.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa