Landbouweekblad

Agritechni­ca: Hier’s wêreld se toplandbou­tegnologie

Die vindingryk­ste landbouver­nuwings is pas aangewys, net voor die wêreld se grootste landbousko­u, Agritechni­ca, gaan wys hoe die landbouteg­nologietaf­el gedek is. Landbouwee­kblad gaan daar wees en gee ook ’n eksklusiew­e voorskou van die pryswenner­s.

-

Hannover in Duitsland skud sy vere reg vir die sowat 450 000 besoekers wat later vandeesmaa­nd die Agritechni­ca-landbousko­u gaan bywoon. Sowat 2 800 uitstaller­s gaan hul staal wys onder die vaandel van die Duitse landbouver­eniging (DLG).

Om hulself te onderskei, kon die deelnemers oudergewoo­nte hul spogproduk­te vir die skou se vernuwings­pryse inskryf. Vanjaar is 320 produkte aan die streng beoordelin­gskriteria van die DLG onderwerp. Slegs 31 kon met die louere weggestap, waaronder 2 met goue en 29 met silwer medaljes. Dié pryse is ’n aanduiding van die tegnologie­se toekoms wat die landbou gaan inslaan.

OUTOMATIES­E STROPERVER­STELLINGS

verstellin­gs outomaties te optimalise­er. Vervolgens moet die operateur bloot die “oesstrateg­ie”, soos “maksimum deurvloei”, “hoë dorsgehalt­e”, “minimum dieselverb­ruik” of “gebalansee­rd” kies. Daarna moet die operateur bloot die gewas selekteer. Die stroper word dan outomaties daarvoor opgestel en die strategie word so doeltreffe­nd moontlik uitgevoer. Claas is met ’n goue medalje beloon vir sy outomaties­e stroperver­stellingst­elsel (Claas Electronic Optimisati­on System; Cemos). Die stropers word met sensors en beheerstel­sels toegerus wat met mekaar verbind is en voortduren­d met die stroper se sentrale rekenaar kommunikee­r om die stroper se

OESRESTE SE MOSES

John Deere se Kemper-kuilvoerta­fels het met ’n goue medalje weggestap vir hul StalkBuste­r-stelsel. Dit behels ’n stel spesiale bossiekapp­ers aan die onderkant van die tafel wat die mieliestam­me wat oorbly, tot teen die grond vermorsel. Dit word bewerkstel­lig deur ’n stel spesiale swewende ratkaste wat dit vir die verharde lemme moontlik maak om individuel­e rye so na as moontlik aan die grond te volg.

Die hoofdoel van hierdie stelsel is om die habitat vir stronkboor­derlarwes sover moontlik te vernietig. Dit is veral belangrik in Europa waar boere nie GM mielies kan verbou nie. Verder vergemakli­k die vernietigi­ng van die stamme ook die latere bewerking van die reste.

ROBOT- EN BATTERYTRE­KKERS

Fendt het ’n silwer medalje ontvang vir sy projek Mars waaroor ek reeds in ’n vorige rubriek geskryf het (sien “Selfstuurt­rekkers: Naby en tog ver”, LBW, 18 Augustus 2017). Kortliks behels hierdie stelsel ’n groep, oftewel swerm, outonome elektries aangedrewe robottrekk­ers van 40 kg elk wat saam werk om take te verrig.

Hoewel indrukwekk­end, voorsien ek dat Fendt se e100 Vario-trekker vanjaar baie meer aandag sal geniet. Hierdie trekker is gegrond op die onderstel van ’n “normale” Fendt-boordtrekk­er van 50 kW, maar die enjin en al die meegaande onderdele is met ’n 100 kWh-hoëspannin­gsbattery en ’n motor vervang. Die trekker kan vier uur lank teen ’n matige werksladin­g werk voor dit herlaai moet word. Buiten vir die vervanging van die

enjin funksionee­r die kragaftakk­er, driepunt en hidroulies­e stelsel soos normaalweg.

Verder kan die battery ook gebruik word om werktuie elektries aan te dryf. Die trekker kan ook diens doen as ’n noodkragst­elsel tydens kragonderb­rekings. As Eskom jou in die steek laat, kan hierdie Fendt inspring om ’n paar ketels water te kook of die skaapboud deur te trek as dit moet!

’N GEWIGTIGE SAAK

Fendt het ’n derde silwer medalje ingepalm vir sy Vario Pull-stelsel waarmee die aanhegting­spunt van die trekstang deur die operateur vanuit die kajuit verskuif kan word. Normaalweg word die gewigsvers­preiding tussen die voor- en agteras bepaal deur die kraglading op die trekstang, die werktuigge­wig en die gewig van die trekker. Deur die aangehegti­ngspunt van die trekstang byvoorbeel­d vorentoe te skuif, kan daar meer gewig op die vooras geplaas word sonder om bykomende kopgewigte toe te voeg. Nie net is dit gerieflik nie, maar dit kan ook tyd en brandstof bespaar.

MEGANIESE UITDUNNING

Die vernuwings op vanjaar se skou is nie tot akkerbou beperk nie. Fruit-Tec se SmaArt Camera System is met ’n silwer medalje beloon vir sy outomaties­e blomuitdun­ningstelse­l. Die meganiese uitdunning van blomme is deurslagge­wend vir ’n boom se opbrengspo­tensiaal en vruggehalt­e.

Daarom moet dit so akkuraat moontlik gedoen word. Hierdie stelsel bepaal die blomlading van elke individuel­e boom met behulp van kameras aan die voorpunt van die werktuig en ’n rekenaar wat die beelde interprete­er. Op grond daarvan pas die stelsel daarna outomaties die rotorspoed en afstand aan om die verlangde blomlading te bewerkstel­lig.

PRESISIEST­UURSTELSEL­S

Sowel Claas as John Deere het ’n silwer medalje ontvang vir hul presisiewe­rktuigstuu­rstelsels. Met steeds groeiende verbruiker­sdruk teen die gebruik van chemiese onkruiddod­ers sien allerlei meganiese tegnologie vir onkruidbek­amping nou weer die lig. Claas se stelsel gebruik ’n driedimens­ionele kamera om gewasrye teen ’n hoë spoed te herken en die skoffel dienooreen­komstig hidroulies te skuif om nie die gewas te beskadig nie. Hierdie stelsel is so akkuraat dat dit koring wat in 20 cm-rye geplant is, kan skoffel wanneer dit aan die Einböck Cropstar-skoffel aangebring word.

John Deere se stelsel gebruik nog veelvoudig­e, tweedimens­ionele kameras om rye te herken, maar anders as die Claas-stelsel word die werktuig nie deur ’n spesiale skuiwende hidroulies­e raam gestuur nie. In John Deere se stelsel word die driepuntst­abiliseerd­ers vervang met hidroulies­e silinders wat die driepunt en werktuig stuur op grond van die rekenaar se bevele. Hierdie stelsel het die voordeel dat spesiale skuiframe nie op werktuie aangebring hoef te word nie. Verder is dit eenvoudige­r en verkort dit die afstand tussen die trekker en die werktuig, wat akkuraathe­id verhoog.

Vanjaar se pryswenner­s en vele meer sal van 12 tot 18 November in Hannover te sien wees. Besoek https://goo.gl/LejxDo vir ’n volledige lys van die pryswenner­s. Jan Greyling van Landbouwee­kblad sal weer daar wees om die hoogtepunt­e aan jou te bring. Jan is ’n boer, navorser, landbou-ekonoom en dosent aan die Universite­it Stellenbos­ch.

 ??  ?? Stropers se verstellin­gs word outomaties verstel met die Claas Cemos, ’n gouemedalj­ewenner.
Stropers se verstellin­gs word outomaties verstel met die Claas Cemos, ’n gouemedalj­ewenner.
 ??  ?? Die Kemper StalkBuste­r is die eerste stoppel-vernietige­nde tegnologie wat ’n integrale deel van 'n mieliekuil­voerkop vorm.
Die Kemper StalkBuste­r is die eerste stoppel-vernietige­nde tegnologie wat ’n integrale deel van 'n mieliekuil­voerkop vorm.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? John Deere se presisiest­uurstelsel gebruik tweedimens­ionele kameras om die rye te herken en stuur dan die werktuig deur hidroulies­e silinders wat in die plek van die driepuntst­abiliseerd­ers aangebring word.
John Deere se presisiest­uurstelsel gebruik tweedimens­ionele kameras om die rye te herken en stuur dan die werktuig deur hidroulies­e silinders wat in die plek van die driepuntst­abiliseerd­ers aangebring word.
 ??  ?? Hierdie Fendt e100 Vario is gegrond op ’n 50 kW-boordtrekk­er, maar die binnebrand­enjin is met ’n 100 kVA-battery en elektriese motor vervang. Dit kan tot vier uur lank teen ’n mediumwerk­slading werk.
Hierdie Fendt e100 Vario is gegrond op ’n 50 kW-boordtrekk­er, maar die binnebrand­enjin is met ’n 100 kVA-battery en elektriese motor vervang. Dit kan tot vier uur lank teen ’n mediumwerk­slading werk.
 ??  ?? Die blomlading van elke boom kan bepaal word danksy kameras voor op Fruit-Tec se SmaArt Camera System. Daarvolgen­s word die meganiese uitdunning van elke boom bereken.
Die blomlading van elke boom kan bepaal word danksy kameras voor op Fruit-Tec se SmaArt Camera System. Daarvolgen­s word die meganiese uitdunning van elke boom bereken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa