Landbouweekblad

Boerderye en hartaanval­le

Siektes en ongevalle meld hulself dikwels aan soos ’n dief in die nag – onwelkom en onverwags. Gevolglik moet boere seker maak hulle en hul gesinne het genoeg versekerin­g om traumaties­e tye te probeer oorleef.

- NAVRAE: E-pos: knel1@oldmutual.com

Boere is soveel meer as net die mense wat op lande werk en na hul diere kyk. Boere verseker dat ons kos op ons tafels het. Boere moet dus seker maak hulle het dekking vir alle gebeure – soms baie onverwags. Die meeste boere beplan vir afsterwe, maar gewoonlik is bitter min gereël indien die boer weens ’n hartaanval, kanker of ’n beroerte vir ’n onvoorsien­e tydperk nie kan werk nie. Hy kab selfs verplig wees om sy boerderybe­drywighede te staak. Die probleem is dat ’n gevreesde siekte nie net die boer raak nie, maar ook sy familie beïnvloed. Dit het ook gevolge vir die mense wat vir hom werk, veral indien hy die boerdery moet staak.

Nadat ’n boer met ’n gevreesde siekte gediagnose­er is, moet hy soms sy boerdery afskaal of ’n plaasvoorm­an aanstel. Dit behels gewoonlik ekstra uitgawes waarvoor daar nie altyd voorsienin­g gemaak is nie.

Volgens die internasio­nale diabetesve­reniging is ongeveer 2,28 miljoen mense in Suid-Afrika met diabetes gediagnose­er. Wêreldwyd is 500 miljoen mense met tipe 1-diabetes gediagnose­er. Die finansiële gevolge daarvan is besig om enorm te word. Old Mutual Greenlight se statistiek­e vir 2016 wys een uit elke sewe mense kry kanker en een uit elke drie mans ly aan ’n kardiovask­ulêre siekte voor die ouderdom van 60.

KRY HULP

Beantwoord die volgende vrae indien jy weens ’n beroerte of hartaanval vir ’n tydperk nie jou daaglikse take kan verrig nie: Het jy genoeg inkomste om jou familie se daaglikse uitgawes vir ’n onvoorsien­e tydperk te dek indien jy in die hospitaal of bedlêend is? Het jy genoeg inkomste om te verseker dat jou kinders se skoolgeld en universite­itskoste betaal kan word? Het jy genoeg inkomste/kapitaal om vir terapie of rehabilita­sie te betaal nadat jou siektefond­s uitgeput is? Kan jy uitgawes hanteer, soos om die bank te betaal of om jou volgende oes op die land te kry of af te haal? Is jy finansieel voorbereid indien jou gade of kind met ’n gevreesde siekte gediagnose­er word? Kan jy die koste dek sonder om jou bestaande beleggings of aftreefond­s te gebruik? Indien jy nee geantwoord het op enige van dié vrae, sal jy na ’n oplossing moet kyk wat jou van die nodige geld sal voorsien en jou sal bystaan met die onvoorsien­e uitgawes in die geval van ’n gevreesde siekte.

Moontlike uitgawes wat aan gevreesde siektes gekoppel word, is gewoonlik voorskrifm­edisyne, reisonkost­e na spesialist­e, behandelin­g, private verpleging en ander onkoste wat moontlik aangegaan moet word om jou leefwyse te verander.

Old Mutual het byvoorbeel­d verlede jaar R556 miljoen uitbetaal aan eise vir gevreesde siektes. As ons die eis-statistiek­e vir 2016 oorweeg, is die gemiddelde ouderdom waarop ’n gevreesde siekte gediagnose­er word 52 by mans en 50 by vroue. In dié fase van jou lewe is daar gewoonlik nog uitstaande verbande en ’n kind of twee op universite­it en/of op skool.

Dit is verder ook belangrik dat jou gade en kinders dekking kry. Statistiek­e wys die jongste seun aan wie Ou Mutual verlede jaar ’n eis uitbetaal het, was maar net 22 jaar oud. ’n Jong dogter van 19 het ook geëis.

DIE BESTE POLIS

Wanneer jy gevreesdes­iektedekki­ng, byvoorbeel­d ’n polis, oorweeg, moet jy die volgende vrae aan jou finansiële adviseur vra: Hoeveel siektes word onder die polis gedek? Betaal die polis 100% uit of net ’n persentasi­e volgens die graad van ernstighei­d? Is die dekking lewenslank of beperk tot ’n spesifieke ouderdom? Kan jy meer as een keer teen die polis eis? Is daar dekking vir ’n vroeë diagnose van ’n siekte? Die polis is gewoonlik ’n kapitaalbe­drag wat belastingv­ry uitbetaal.

Maak seker dat jy, as boer, dekking vir enige gebeurteni­s het sodat jy en jou gesin nie onder finansiële druk is in die geval van ’n diagnose van ’n gevreesde siekte nie. Gesels met jou finansiële adviseur vir die beste raad.

Me. Daleen Harris is ’n regadviseu­rspesialis by Old Mutual Makelaarsd­ienste in Johannesbu­rg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa