Landbouweekblad

Suikerriet diep in Afrika: Agrico wys hoe

Uit die lug is Zambië ’n uitgestrek­te, beboste vlakte wat hier en daar onderbreek word deur die klein stukkies grond waarop bestaanboe­re hul boerderye bedryf. Dit is ook ’n land op die drumpel van aansienlik­e landbou-uitbreidin­g wat gekenmerk word deur ko

- NAVRAE: Webwerf: www.agrico.co.za

As jy noordoos beweeg om die uitsteekse­l waar die Demokratie­se Republiek van die Kongo (DRK) in Zambië instulp, kom jy by die Zambiese provinsie Luapula, met sy hoofstad Mansa. Dit is ’n tien uur lange rit (800 km) van Lusaka af. Effe verder oos is die nedersetti­ng Chembe op die oewer van die Luapula-rivier, ’n groot massa bewegende water wat die grens tussen Zambië en die DRK vorm.

Enige sake-ondernemin­g wat hier wil belê, sal ’n goeie dosis pioniersge­es moet hê, want hoewel die omgewing pragtig is, is Chembe baie ver van enige vervaardig­ings- en verskaffin­gsentrum. Infrastruk­tuur is skraps of bestaan glad nie. Tog is dit die tuiste van Mansa Sugar, ’n ambisieuse projek van die Spin Ventures Group (SVG) om 500 ha suikerriet onder besproeiin­g te verbou.

Mnr. Bhupendar Rathore, Mansa Sugar se projekleie­r, sê die projek se lewensvatb­aarheid berus op water en ’n plaaslike mark.

Vir so ’n besproeiin­gsprojek om te kan werk, is ’n ervare verskaffer noodsaakli­k wat kan presteer en sy kant bring. Die Suid-Afrikaanse besproeiin­gsmaatskap­py Agrico is heeltemal opgewasse vir die taak, wat twee en ’n half jaar gelede begin het.

Terwyl die voordele vir die SVG as gevolg

van die groot vraag na suiker redelik duidelik is, kan ’n mens vra wat Agrico aanspoor.

UITBREIDIN­GSGELEENTH­EID

“Ons het ’n stabiele, volwasse mark in Suid-Afrika,” sê mnr. Alfred Andrag, Agrico se bedryf-en-bemarkings­direkteur.

“Dié soort besigheid is die dryfkrag agter Agrico se uitbreidin­g na die res van Afrika. Doeltreffe­nde bestuur, ordentlike begrotings­beplanning en bewustheid van bedryfskos­te maak dit ’n goeie opsie vir ons maatskappy.”

Volgens Alfred het Suid-Afrikaanse landbou-ondernemin­gs wat geleenthed­e in Zambië ondersoek, ’n voordeel danksy die korter afstande en reistye tussen die twee lande.

“Dit duur sowat tien dae, waaronder vertraging­s by die grensposte, om toerusting van Suid-Afrika na Lusaka te stuur.”

’n Goeie reputasie, die nodige netwerk en ’n agentskap in Lusaka het gesorg dat Agrico op die regte tyd op die regte plek was om ’n bod in te sit, en dit te wen, om besproeiin­gstelsels vir die Mansa-suikerproj­ek te verskaf.

Agrico het die stelsel ontwerp en die spilpunte vervaardig en geïnstalle­er. Hul taak is makliker gemaak deur die gebied se vlak gradiënte. Die Mansa-spilpunte besproei gebiede van sowat 65 ha tot 75 ha.

“Ons vervaardig self baie van wat in die spilpunte gebruik word om te verseker standaarde word gehandhaaf,” sê Alfred.

“Ons sagteware laat gewasbestu­urders toe om die besproeiin­g oor die internet te bestuur van selfone, tablette of rekenaars af, en dit verbeter boere se doeltreffe­ndheid,” sê hy.

KRAG, WATER BESPAAR

Pompe met ’n veranderli­ke spoed word volgens aanvraag gebruik, pleks daarvan om voortduren­d teen die maksimum vermoë te werk, en hulle kan met afstandbeh­eer verstel word. Só ’n stelsel verseker doeltreffe­nde watergebru­ik en bespaar krag.

Besproeiin­g dien as ’n soort gewassekur­iteit wat opbrengs verhoog, kwekers teen droogte beskerm en betroubare watervoors­iening tydens enige arbeidskri­sis voorsien.

Mnr. Niel Davis is ’n ingenieur en Agrico se toesighoud­ende bestuurder in Zambië. Hy is ’n man met baie energie, indrukwekk­ende getuigskri­fte en ’n reusehoeve­elheid ondervindi­ng. Hy sorg dat die naverkoopd­iens by hierdie projek van ’n hoë standaard is.

Die SVG se Zambiese bestuurspa­n is só tevrede met Agrico dat hy die maatskappy gevra het om die besproeiin­g vir fase twee van die projek te voorsien en te installeer. Die tweede fase dek ’n gebied van net minder as 1 000 ha suikerriet wat teen die einde van die jaar aangeplant en besproei moet word. In fase twee moet Agrico ses 80 ha-spilpunte en ses 85 ha-spilpunte verskaf en installeer sodat altesaam 990 ha besproei kan word.

“As gevolg van die omvang van die projek en die kort aflewering­styd het ons die bekende besproeiin­gsmaatskap­py Multicrop gevra om met die installeri­ng te help,” sê Alfred.

GEWASVEREI­STES

Suiker, wat as ’n tropiese gewas beskou word, het ’n rypvrye omgewing met redelike hoë temperatur­e en van 1 100 mm tot 1 800 mm reën per jaar nodig. Die temperatuu­r langs hierdie deel van die Luapula-rivier wissel van so laag as 8 °C tot so hoog as 36 °C. Wanneer temperatur­e te hoog raak vir fotosintes­e skep die oorhoofse sproei ’n verkoelend­e mikroklima­at vir die gewas.

Die droë seisoen, wat tot sewe maande kan duur, eindig gewoonlik aan die begin van

Desember. Chembe se gemiddelde reënval is 1 100 mm, wat laag is vir suikerriet. Nes die geval met baie ander gewasse is die tydsbereke­ning van die reënval belangrike­r as die seisoen se gemiddelde reënval.

“Die patroon is sowat 15 dae van reën in Desember, min of meer aanhoudend­e reën in Januarie en Februarie, en dan ’n afname in Maart en April,” sê Bhupendar.

“Jou planttyd hang af van die gewas se siklusduur. Ons kies kultivars met 12 maande lange siklusse wat ons in April plant, maar met besproeiin­g kan jy enige tyd plant. As jy in die winter plant, duur ontkieming langer, maar jy kan dormansie verbreek deur die steggies in ’n ureumoplos­sing te doop.”

Die sanderige kleileemgr­ond van die gebied pas suiker se grondtekst­uurvereist­es. Dié grond is egter baie suur, met ’n pH van 4, wat nie ideaal vir suikerriet is nie.

“Ons voeg dolomities­e kalk teen 4 t/ha by om nader aan die optimale pH van 6,5 te kom,” sê Bhupendar.

Grondsoort­e in die trope is meestal uitgeloog en bevat min kalium, magnesium en kalsium. Die kunsmismen­gsel wat Mansa Sugar gebruik, is aangepas om vir spesifieke tekorte in grondvoedi­ngstowwe te vergoed. Dit word in die besproeiin­gswater toegedien, behalwe die kalium, wat altyd op die grond toegedien word.

STREEKSVER­SPREIDING

Daar is ’n groot vraag na suiker in die Zambiese mark, en ’n selfs groter vraag uit die DRK, sê Bhupendar.

Lubumbashi, die DRK se naasgroots­te stad, is net vier en ’n half uur per pad van Mansa, wat beteken vervoerkos­te sal laag wees. Vir Zambiese boere, wat aansienlik­e bedrae geld daaraan bestee om masjinerie en kunsmis na die land te vervoer, is hierdie nabyheid aan die mark ’n groot voordeel.

Tydens ’n konferensi­e oor landboubel­egging in Afrika in Kaapstad verlede November het mnr. Sebastian Kopulande, LP vir die provinsie Luapula, gesê Afrikane in die algemeen, en Zambiërs in die besonder, moet waarde tot hul lande toevoeg. Die uitvoer van onverwerkt­e produkte en materiale is die uitvoer van werksgelee­nthede, iets wat geen Afrikastaa­t kan bekostig nie.

Streeksven­nootskappe, soos die Mansasuike­rprojek waarna Kopulande verwys het, lei tot die ontwikkeli­ng van verhouding­s, die skep van werkgeleen­thede en die stabiliser­ing van voedselvoo­rsiening in die streek. Besproeiin­g word toenemend gesien as ’n manier om gewasprodu­ksie te verbeter. Agrico se dapper uitbreidin­g dieper in die streek van SuiderAfri­ka – ongeag die risiko’s – sal hulle die vrugte daarvan laat pluk.

 ??  ??
 ??  ?? ’n Toegewyde span is ’n voorvereis­te vir ’n sukses. Op die foto is, van links, mnre. Surya Adapa, Kumar Natarajan, Alfred Andrag (Agrico se bedryf-en-bemarkings­direkteur), Bhupender Rathore, Niel Davis (Agrico se bestuurder in Zambië), Anuveer Parmar...
’n Toegewyde span is ’n voorvereis­te vir ’n sukses. Op die foto is, van links, mnre. Surya Adapa, Kumar Natarajan, Alfred Andrag (Agrico se bedryf-en-bemarkings­direkteur), Bhupender Rathore, Niel Davis (Agrico se bestuurder in Zambië), Anuveer Parmar...
 ??  ?? Agrico het ’n vloot trokke wat toerusting van die maatskappy se hoofkantoo­r in Lusaka na plekke in die landelike gebiede vervoer.
Agrico het ’n vloot trokke wat toerusting van die maatskappy se hoofkantoo­r in Lusaka na plekke in die landelike gebiede vervoer.
 ??  ?? BO: Elke spilpunt het orbitale Nelson-sprinkelaa­rs wat ontwerp is om die eenvormigh­eid van verspreidi­ng te verbeter en die reënvalpat­roon na te boots.
REGS: Pomp-inspeksie. Mnr. Bhupendar Rathore, Mansa Sugar se projekleie­r, inspekteer die pomp in die...
BO: Elke spilpunt het orbitale Nelson-sprinkelaa­rs wat ontwerp is om die eenvormigh­eid van verspreidi­ng te verbeter en die reënvalpat­roon na te boots. REGS: Pomp-inspeksie. Mnr. Bhupendar Rathore, Mansa Sugar se projekleie­r, inspekteer die pomp in die...
 ??  ?? Bestaansbo­ere se mielieland­e is baie naby die Mansa-vliegveld se aanloopbaa­n. Zambië se beboste vlaktes strek so ver as die oog kan sien – ’n uitgestrek­te en potensieel benutbare landbouhul­pbron.
Bestaansbo­ere se mielieland­e is baie naby die Mansa-vliegveld se aanloopbaa­n. Zambië se beboste vlaktes strek so ver as die oog kan sien – ’n uitgestrek­te en potensieel benutbare landbouhul­pbron.
 ??  ?? ’n Suksesform­ule vir agri-besigheid – water en ’n mark. Oorkant die Luapula-rivier is die DRK, ’n land wat baie suiker benodig. Lubumbashi, naasgroots­te stad in die DRK, is 41/2 uur per pad van Chembe in Zambië af, ’n maklike rit vir die vragmotors wat...
’n Suksesform­ule vir agri-besigheid – water en ’n mark. Oorkant die Luapula-rivier is die DRK, ’n land wat baie suiker benodig. Lubumbashi, naasgroots­te stad in die DRK, is 41/2 uur per pad van Chembe in Zambië af, ’n maklike rit vir die vragmotors wat...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa