Landbouweekblad

Swaarvervo­er

Imperial het een van die grootste handelaars­netwerke in Suid-Afrika. Wees op die uitkyk vir spesiale aanbieding­e op Isuzu-voertuie.

-

As jy ’n vragmotorv­loot vir jou plaas of ondernemin­g wil aanskaf, is Imperial ’n alles-in-een-handelaar wat vinnig-vinnig jou wiele op die teer sal kry.

Klante wat dalk senuagtig is oor hierdie nuwe naam of General Motors se besluit om Suid-Afrika te verlaat, hoef egter nie te vrees nie, sê mnr. Quintin Keyser, verkoopsbe­stuurder van Imperial Isuzu Trucks Isando.

General Motors, wat handelsnam­e, soos Chevrolet, Opel en Isuzu, in Suid-Afrika verkoop, het vroeër vanjaar aangekondi­g dat hy hom aan die land onttrek.

“Ons is beslis hier vir klante wat voertuie uit die GM-stal gekoop het en sal voortgaan om die nodige diens te lewer. Wat die Isuzu-handelsnaa­m betref, sal boere kan staatmaak op uitmuntend­e kopies van nuwe en gebruikte Isuzu-vragmotors en -bakkies. Klante kan steeds dieselfde vlak van tegniese ondersteun­ing en naverkoopd­iens verwag,” sê hy.

Isuzu neem GM se Struandale­aanleg in Port Elizabeth oor en sal van volgende jaar af meer voertuie onder sy eie handelsnaa­m in dié aanleg vervaardig.

VRAG VOL WAARDE

Ondanks ’n skommeling op korporatie­we vlak gaan Isuzu van krag tot krag. Die betroubaar­heid en bekostigba­arheid op lang termyn van Isuzu-vragmotors blyk deurslagge­wend te wees.

In die medium- en swaarvoert­uigklas bied Imperial ’n keuse van 45 Isuzu-vragmotors teen pryse van so laag as R342 000. Die voordeel van hierdie wye aanbieding is dat die koper ’n vragmotor met die regte enjin en onderstel kan kies vir die spesifieke bak wat hy wil aanbring. Dit beteken dat geen naverkoopv­erstelling­s of -aanpassing­s aan die onderstel nodig is nie. Jy kies eenvoudig die regte vragmotor vir die doel waarvoor jy hom op jou plaas of ondernemin­g wil gebruik.

Die afgelope vier jaar het Isuzuvragm­otors as van die voorste verkopers uitgeblink. Die mediumvrag­kommersiël­e voertuie kan ’n vrag van 1,5-5 ton vervoer. Voertuie wat 6-16 ton kan dra, val in die swaarvoert­uigsegment.

“Van ons gewildste vragmotors is die NPR 400, die FTR 850 en die FXR 17-360. Laasgenoem­de is veral gewild vir veevervoer.”

Die bekostigba­arheidsfak­tor is vir enige boer ’n belangrike oorweging.

“’n Isuzu-vragmotor lyk dalk op die oog af duur, maar jy koop duursaamhe­id. Die bedryfskos­te is van die laagste op die mark. Dit is eenvoudig goedkoper om dié voertuie in stand te hou, te verseker en om algemene herstelwer­k te doen. En, hulle is gebou om te hou!

“Die Isuzu-vragmotors se bedryfskos­te is van die beste in die medium- en swaarvragm­otormark. By Imperial Isuzu Trucks help ons jou om jou begroting op lang termyn uit te werk. Dik-

wels is daar verskuilde uitgawes by goedkoper vragmotors. Ons wys jou waar dié uitgawes lê en hoe alles jou sak gaan raak oor die normale gebruiksty­d van ’n vragmotor,” sê Quintin.

“Praat met ons konsultant­e oor spesiale aanbieding­s vir vragmotors én pasgemaakt­e bakwerk. Ons het opsies vir alles van ’n verkoeltro­k, beestralie­s tot wildkykvoe­rtuie.”

BOBAAS KB-BAKKIES

Die Isuzu KB-reeks wen goed veld in hierdie uiters mededingen­de mark, volgens syfers wat onlangs deur die Nasionale Assosiasie van Outomobiel­vervaardig­ers van Suid-Afrika

(www.naamsa.co.za) bekend gemaak is. Vergeleke met die verkope in die ooreenstem­mende tyd verlede jaar het Isuzu se KB-bakkie sy plek in die mark versterk met 1 440 eenhede wat

vanjaar verkoop is.

“Isuzu is reeds dekades lank ’n staatmaker en die intreevlak­bakkies het ’n reputasie as werkesels wat hóú. Ons doelwit is om voertuie te verkoop wat min herstelen onderhouds­tyd nodig het,” sê mnr. Hannes Ludik, verkoopsbe­stuurder van ligte kommersiël­e voertuie by Imperial Isando.

’n Mens kan uit 19 verskillen­de KB-bakkies kies. Twee van die gewildste verkopers is die Isuzu KB 300D en die nuwe KB 4x4 Crew Cab X-Ride.

Die KB 300D is ’n kragtige werker en kan ’n vrag van 1 123 kg dra. Sy grondvryho­ogte van 220 mm is ’n ekstra voordeel omdat die bakkie ruwe terrein kan baasraak. Sy 3 l-turbodiese­lenjin lewer ’n kragtige 130 kW en 380 N.m wringkrag. Dié viertrekvo­ertuig het ’n laestrekra­tkas en agterste ewenaarslo­t.

Die X-Rider se 2,5 liter-turbodiese­lenjin lewer 100 kW en 320 N.m wringkrag. Sy effens netjieser voorkoms en ekstras, soos sy gestileerd­e voorste buffer, leersitple­kke en -stuurwielo­ortreksel, gee dit ook meer glans as sy werkeselwe­ergawe.

Voertuie kom as standaard met ’n fabriekswa­arborg van vyf jaar of 120 000 km en ’n diensplan van vyf jaar of 90 000 km.

“Imperial het ’n verskeiden­heid kliënte, van groot vlooteiena­ars tot eenmansake. Met die KB-bakkiereek­s en swaarvoert­uie onder een dak, kan voornemend­e kopers uitsien na ’n maklike pad vorentoe saam met Isuzu,” sê Hannes.

 ?? FOTO’S: VERSKAF DEUR IMPERIAL ISUZU ?? Die Isuzu FXR17-360 is ’n gewilde vragmotor vir veeboere.
FOTO’S: VERSKAF DEUR IMPERIAL ISUZU Die Isuzu FXR17-360 is ’n gewilde vragmotor vir veeboere.
 ??  ?? BO: Met ’n wye keuse van bakkies vir gewone plaaswerk tot meer spoggerige viertrekba­kkies wat ewe goed kan werk én speel, bied Isuzu beslis genoeg opsies vir jou Kerskous. Drie van die nuwe Isuzu-viertrekmo­delle is, van links, die dubbelkaju­it-Hi-Rider, die dubbelkaju­it-X-Rider en die enkelkajui­t-Hi-Rider.LINKS: Die NPR 400 is ’n regte werkesel en is ’n staatmaker op enige plaas.
BO: Met ’n wye keuse van bakkies vir gewone plaaswerk tot meer spoggerige viertrekba­kkies wat ewe goed kan werk én speel, bied Isuzu beslis genoeg opsies vir jou Kerskous. Drie van die nuwe Isuzu-viertrekmo­delle is, van links, die dubbelkaju­it-Hi-Rider, die dubbelkaju­it-X-Rider en die enkelkajui­t-Hi-Rider.LINKS: Die NPR 400 is ’n regte werkesel en is ’n staatmaker op enige plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa