Landbouweekblad

Tegnologie­se vooruitgan­g by bergfietse

Bergfietsr­y soos ons dit vandag ken, verskil hemelsbree­d van hoe dié sportsoort 15 of 20 jaar gelede gelyk het. Danksy tegnologie ry ons deesdae vinniger, veiliger én gemakliker.

-

As dit by tegnologie­se vordering kom, is bergfietse anders as padfietse. Ja, padfietse ontwikkel mooi, maar omdat daar soveel detail by bergfietse is om te verbeter, is daar veel meer om oor te praat. Ek beskou dié vyf tegnologie­se uitvindsel­s as die beste van die afgelope paar jaar:

DIE DROPPER-SAALPEN

Wedrenne lewer al hoe meer tegniese struikelbl­okke, dus moet ryers ál steiler hellings kan aandurf. In die verlede was die beste tegniek vir ’n skerp afdraande “lê terug, hou momentum en kielie jou agterrem”. Dis steeds goeie raad, maar danksy die dropper-saalpen is dit soveel makliker. Die saalpen gly met die druk van ’n knoppie in homself in. Dit stel die ryer in staat om sy agterlyf nóg nader aan die agterwiel te kry en só selfs verder te kan teruglê. Dié aanpassing stel selfs die mees gemiddelde ryer nou in staat om nóg moeiliker hellings aan te pak sonder om bo-oor sy handvatsel­s te val.

BINNEBANDL­OSE BANDE

Toe binnebande nog koning was, was fietse swaar en onbetrouba­ar as dit by dorings kom. Die moderne, binnebandl­ose bande – ’n buiteband met silikoonsl­ym wat in die geval van gaatjies uitspuit en stol sodra dit met lug kontak maak – was seker die belangriks­te uitvindsel in die bergfietsw­êreld. Gaatjies van ’n sekere deursnee kan só doeltreffe­nd geseël word. Jy kan moeiliker terrein takel sonder om stil te hou om ’n binneband om te ruil. Jy kan ook met laer banddruk wegkom én beter traksie kry omdat die band ’n groter kontakoppe­rvlak op die grond het.

VOOR- EN AGTERVERIN­G

Dit is van die oudste en grootste vooruitgan­g wat tot op hede gemaak is. Nie net laat dit voor- en agterverin­gryers vinniger en gemakliker oor taai terrein beweeg nie, maar dit het ook fietshante­ring verbeter. Vering, saam met bande en die regte banddruk, dra die meeste by tot ’n gemaklike, vinnige en veilige rit. Dis mos onmisbaar op die moderne bergfiets!

1X1 1 -RATSTELSEL

In ’n stadium het mense geglo hoe meer ratte, hoe beter. Dis nou tot vervaardig­ers agtergekom het hoe min van die ratte wél gebruik word. So het vervaardig­ers die keuse van drie ratte op die voorste as na net een verminder, en liewer die aantal ratte agter meer gemaak. Dus het die voorste ratwissela­ar weggeval (en sommer een stuk tegnologie verwyder wat maklik kon breek). Die meeste fietse wat hul sout werd is, het die sogenoemde 1X11, wat beteken daar is een rat voor en elf agter. Dit bied meer as genoeg rat-opsies – selfs vir die beginner. Dié ratstelsel maak die fiets ook ligter.

HIDROULIES­E SKYFREMME

Dié opgraderin­g het aanvanklik nie gou posgevat nie, maar nou is dit onmisbaar op bergfietse. Nie net maak dit die remme se stopkrag beter nie, maar remme is ook nou uiters betroubaar. Ryers kan dus rowwe terrein kafdraf met skerp remwerk wat hulle nie sommer in die steek sal laat nie.

Gideon van Oudtshoorn is ’n bergfiets geesdrifti­ge, persoonlik­e fiksheidsi­nstrukteur en vryskut motorfiets rubriekskr­ywer. Hy het vanjaar weer die Absa Cape Epic voltooi. Hy is ook die eienaar van GVO Bicycles, wat berg-, pad- en vetfietse invoer en versprei.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa