Landbouweekblad

Hart tot hart

- DS. KOBUS VAN DER WESTHUYZEN

Mense wat sukses nastreef, moet hulself altyd eers afvra: Is daar ’n betroubare resep vir sukses? Dit kan tog nie so uit die bloute op jou neerdaal nie. Hierdie vraag, as dit reg beantwoord word, moet egter eers deur ’n ander vraag voorafgega­an word. Van watter soort sukses praat jy? Daar is iets soos korttermyn­sukses wat vinnig voortsnel, ’n paar lyke langs die pad laat en dan net so vinnig weer verdwyn.

Daaroor het C.J. Langenhove­n gesê: “As die kortpad die beste pad was, dan sou die hoofpad daarlangs geloop het.” Die prys vir korttermyn­sukses is dikwels onverdedig­baar hoog en kan vernietige­nd wees.

Volhoubare sukses is iets anders. Dit bring langtermyn vreugde en kan selfs voortgaan lank nadat die skepper daarvan heengaan. Wie ken nie die vreugde van die herinnerin­g aan Oupa en Ouma wat lank voor ons geboorte iets tot stand gebring het waarvan ons vandag nog die voordeel geniet nie?

Wanneer daar gelet word op die wyse waarop ons mense die planeet bestuur, kom die begrippe kort en lang termyn ook ter sprake. Die een getuig van die aakligheid van vernietigi­ng, terwyl die ander die krag van volhoubaar­heid verkondig.

As jy góú wil ryk word, moet jy ’n goeie plan bedink om vinnig te vernietig en net so vinnig bymekaar te maak tot jou eie voordeel. Wat elders in die wêreld gebeur, weet ek nie, maar Afrika is ’n skokkende voorbeeld van grootskaal­se vernietigi­ng om ’n paar rykes verder te verryk.

Dink aan onoordeelk­undige ontbossing, die talle myne wat onderaards­e grafkelder­s agterlaat, waterbesoe­deling en vermorsing, gronderosi­e wat miljoene tonne grond die see in stort. Dink aan die talle uitgestorw­e plant- en diersoorte – die stille getuies van sinlose vernietigi­ng, die grafgrawer­s van God se mooi skepping.

Stel daarteenoo­r die mense wat volhoubare sukses nastreef, wat iets moois wil nalaat vir geslagte wat kom. Vra jouself dan af: Wat laat ek na as ’n getuienis dat ek ’n bydrae gelewer het om God se onbeskryfl­ike mooi planne volhoubaar in stand te hou?

Die prys vir korttermyn­sukses is dikwels onverdedig­baar hoog en kan vernietige­nd wees.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa