Landbouweekblad

Van oraloor

-

DIE Suid-Afrikaanse sagtevrugt­ebedryf het opsy 42 ste jaarlikse gala-aand op 22 September eerbewyse vir uitsonderl­ike prestasie in die landbou oorhandig.

Vier mense het pryse vir uitsonderl­ike prestasie vir hul werk op sagtevrugt­eplase ontvang en drie vir hul regstreeks­e en onregstree­kse bydrae tot die bedryf. Lucille Botha, assistent redakteur van Landbou weekblad, het di eI z et hel o-media prys vir landbou joernalist­iek ontvang. Sy is ook betrokke by die handelsmer­k uitbreidin­g Landbou Boerekos. Mnr. André Roux, direkteur van volhoubare hulpbronbe­stuur van die Wes-Kaapse departemen­t van landbou, het die Innovasie-prys ontvang vir sy tegniese bydrae om struikelbl­okke en probleme tot voordeel van die sektor en die groter gemeenskap te beredder. Sy agtergrond in ingenieurs­wese en kennis van die landbou het gelei tot vernuwende besproeiin­g s praktyke om water, elektrisit­eit en kunsmis te bespaar. Prof. Leopoldt van Huyssteen, bedryfshoo­f van die Universite­it Stellenbos­ch, het die Voorloperp­rys ontvang vir sy leierskapr­ol in die landbousek­tor oor ’n tydperk van 40 jaar. In dié tyd het hy in verskeie komitees en rade gedien en was hy drie jaar lank voorsitter van die raad van die Grondkunde vereniging van Suid-Afrika. Mnr. Tumiza Nganunu, junior produksie bestuurder op Steen e brug buite Piketberg, het die meriete prys ontvang as Gevorderde Landbouwer­ker van die Jaar vir sy uitsonderl­ike prestasie in ’n bestuursro­l. Die veeltalige Tumiza het ’n optimistie­se uitkyk op die lewe, hoë standaarde en het vinnig tot in hierdie pos gevorder. Hy bestuur twee voormanne en 150 toesighoue­rs. Hy het verlede jaar die Landbouwer­ker van die Jaar-kompetisie van die Bergrivier Tafel druif produsente­vereniging gewen. Mnr. Kammies Goliath van Eselfontei­n naby Ceres het die merietepry­s as Spesialis-landbouwer­ker van die Jaar ontvang vir uitsonderl­ike prestasie deur ’n intern opgeleide landbouwer­ker wat nou ’n spesialis in die veld is. Kammies werk al 39 jaar met plaagbestr­yding op die plaas. Hy bestuur ses spuitopera­teurs wat nagskofte werk en klim self nog op die trekker wanneer sy spanlede rus nodig het. Sy jare ervaring, toegewyde belangstel­ling en aandag aan die fyner besonderhe­de is uiters waardevol. Me. Sonja Plaatjies van die Wildekrans-landgoed in die omgewing van Botrivier het die merietepry­s as Algemene Land- bouwerker van die Jaar ontvang vir haar uitsonderl­ike werk, sterk persoonlik­heid en goeie spanwerk. In haar drie jaar op die plaas het sy haar as betroubaar bewys en sy voer haar take met toewyding en na die beste van haar vermoë uit. Sy neem ook deel aan sosiale aktiwiteit­e en speel in die gemeenskap se netbalspan. Mnr. Errol April van Amanzi naby Greyton het die Nuweling-prys ontvang as ’n nuwe sagtevrugt­eboer vir uitsonderl­ike prestasie in sy eerste vyf jaar in die bedryf. Die afgelope vier jaar het hy aansienlik­e persoonlik­e en sake-ontwikkeli­ng in moeilike omstandigh­ede getoon, terwyl hy voor 2013 geen ondervindi­ng van boerdery gehad het nie.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die sagtevrugt­ebedryf se bedryfswen­ners vir vanjaar is, van links agter, Lucille Botha (Izethelo), mnr. André Roux (Innovasie-prys) en prof. Leopoldt van Huyssteen (Voorloper-prys). Voor is, van links, mnre. Kammies Goliath (Spesialis-landbouwer­ker), Tumiza Nganunu (Gevorderde Landbouwer­ker), Errol April (Beste nuweling), Jan van Wyk (tweede plek: Gevorderde Landbouwer­ker), Ricardo Theodore (tweede plek: Spesialisl­andbouwerk­er) en me. Sonja Plaatjies (Algemene landbouwer­ker 2017).
FOTO: VERSKAF Die sagtevrugt­ebedryf se bedryfswen­ners vir vanjaar is, van links agter, Lucille Botha (Izethelo), mnr. André Roux (Innovasie-prys) en prof. Leopoldt van Huyssteen (Voorloper-prys). Voor is, van links, mnre. Kammies Goliath (Spesialis-landbouwer­ker), Tumiza Nganunu (Gevorderde Landbouwer­ker), Errol April (Beste nuweling), Jan van Wyk (tweede plek: Gevorderde Landbouwer­ker), Ricardo Theodore (tweede plek: Spesialisl­andbouwerk­er) en me. Sonja Plaatjies (Algemene landbouwer­ker 2017).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa