Landbouweekblad

RAMAPHOSA SE STELLINGS GEKAP

-

Die berig “Ramaphosa: Hou op plaaswerke­rs doodmaak”

(Landbou.com, 2 November) het wye reaksie ontlonk. Dit volg nadat adj.pres. Cyril Ramaphosa in die Nasionale Raad van Provinsies onder meer gesê het plaaseiena­ars moet ophou om “ons mense dood te maak en aan te rand”. Hier is van die kommentaar (sommige is verkort).

WILLIE KOTZEE skryf: Hierdie tipe aantygings moet in die hof bewys word. Die boere moet ’n gesamentli­ke klag vir naamskendi­ng en aanhitsing teen die mense indien. Vat dan sommer die Minister van Polisie ook hof toe omdat hy versuim om sy werk te doen.

PEKA VAN DYK skryf: En almal glo hy is Suid-Afrika se verlosser. Pasop vir hom. Wolf in skaapskler­e.

MARIO AUGOUSTINO­S skryf: Ek stem saam met Willie. Publiseer vir ons die getalle. Mense, onthou net ons het die Grondwet. As ’n minister nie sy werk doen, vat hom Grondwetho­f toe. Dit kos baie, maar ek is seker ons kan hulpfondse op die been bring. EUNICE VAN DER MERWE skryf: Ek het al baie jare lank ’n afsku in veralgemen­ing. Indien boerderye skuldig is aan die beweerde praktyke, moet hulle die nodige straf kry. Op die meeste ander plekke waar ons hier op grondvlak saam werk, bid en oorleef, gaan dit goed met almal.

PIPPIE LANGKOUS skryf: Ek wonder wat hulle sal doen indien boere net vir ’n jaar lank glad nie boer nie en al daardie plaaswerke­rs wat die boere blykbaar so sleg behandel, nie meer werk het nie. Hierdie Regering voel niks vir Suid-Afrika se mense nie. Nie wit of swart nie. Hy kyk net na homself. ANDRE BADENHORST skryf: Dalk moet ons nie veel daarin lees nie — nie in hierdie tyd van stemme werf nie. Dit is die tipiese manteldraa­imentalite­it van politici. Môre sing hy weer ’n ander deuntjie voor ’n wit gehoor. Daarby is dubbelprat­ery ’n Afrika-ding, maar nie tot Afrika beperk nie.

LUKAS MARTHINUS BESTER

skryf: Hoe op aarde is hierdie opmerkings skokkend? Hy beklemtoon slegs dat plaaseiena­ars en -werkers ’n gelykstaan­de reg op lewe en veiligheid het. Dit is geen geheim dat ’n groot aantal boere steeds hul werkers op ’n minderwaar­dige wyse behandel nie. BENNIE TALJAARD antwoord: Ek verstaan nie. Wat moet die werkgewer doen? Onthou, as die werknemer deel wil hê aan die “onregverdi­ge” handeling en voel hy het ’n aandeel in die grond, moet hy seker ook deel hê aan die uitgawes en risiko.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa