Landbouweekblad

Vragmotors wat die ekstra myl aflê

Die vervoer- en landboubed­ryf het baie gemeen. Nie net speel albei ’n belangrike rol in die Suid-Afrikaanse ekonomie nie, maar albei bedrywe kom ook daagliks voor risiko en werklikhed­e te staan.

-

Voordat ’n mens in ’n nuwe vragmotor belê, moet ’n paar belangrike faktore eers oorweeg word, soos watter model vragmotor die beste by jou soort ondernemin­g pas, die samestelli­ng van sleepwagro­epe, die vereistes van verskillen­de bedrywighe­de en padtoestan­de.

Mnr. Gert Swanepoel, besturende direkteur van UD Trucks Southern Africa, sê die maatskappy is geesdrifti­g daaroor om vlooteiena­ars se werkdag eenvoudige­r en produktiew­er te maak – of hulle nou met streeksver­spreiding of langafstan­dvervoer gemoeid is.

LOONVRAG

Die vervoerkon­sultante by UD Trucks se landwye handelaars­netwerk oorweeg verskeie faktore wanneer hulle ’n kliënt adviseer oor watter spesifieke model en werktuig om te gebruik.

Produktiwi­teit is byvoorbeel­d uiters belangrik. Klante kry inligting oor wat die beste kombinasie­s is ten opsigte van die loonvrag, gemiddelde snelheid en brandstofv­erbruik.

“By UD Trucks glo ons die regte voertuig sal die klant in staat stel om sy sake doeltreffe­nd te bestuur. Dit vorm ook die hoeksteen van ons staatmaker­diens. Danksy ons vervoerkon­sultasiedi­ens kan ons klante oor die beste voertuig vir hul voorgenome werk adviseer,” sê Gert.

STAATMAKER

Quester, die ekstraswaa­rreeks van UD Trucks, geniet reeds groot aanhang op die plaaslike mark. Dit is ideaal vir die landboumar­k met 6x4- vaste vragmotors wat 245 kW teen 2 220 r/min. aan voertuigei­enaars bied, asook 1200 N.m wringkrag teen 1 200 r/min. tot 1 600 r/min.

Dié vragmotors is standaard toegerus met ’n dakslaapka­juit en kajuitbed. Dit het ook ’n moderne telematies­e stelsel waarmee vragmotore­ienaars hul vlote doeltreffe­nder kan bestuur.

Die Fuel Coach, waarmee die bestuurder inligting kry oor die beste bestuursto­estande en -metodes om brandstof en tyd te bespaar, is ook standaard.

“Die Quester-reeks kombineer UD Trucks se Japannese erfenis met wêreldwye hulpbronne en die kennis van Suid-Afrikaanse kenners,” sê Gert.

“Die voertuie is taai en maklik om te onderhou. In wese is dit ’n sakehulpmi­ddel wat elke dag harde gebruik kan weerstaan, veral van die pad af. Dit staan vir gehalte en duursaamhe­id. Die reeks word ondersteun deur verskeie konfiguras­ies met maklike bakwerkmon­tering om aan ons klante ’n doelgemaak­te oplossing vir alle soorte toepassing­s te bied.”

HANDELAARS

UD Trucks het ’n uitgebreid­e handelaars­netwerk in die hele Suid-Afrika. Daar is ook handelaars in Botswana, Lesotho, Mosambiek, Namibië, Swaziland, Zambië en Zimbabwe.

“Ons plaas groot klem op langtermyn­verhouding­s met ons klante en verskaf deurlopend­e steun vir die duur van ’n produk se gebruiksik­lus. UD Trucks se handelaars is verbind tot die lewering van vernuwende vervoeropl­ossings en diensaanbi­edinge aan hul klante. Dit word gebou op vertroue, grondige kennis van die bedryf en ’n stewige arsenaal tegniese vaardighed­e,” sê Gert.

NAVRAE: Webwerf: www. udtrucks.com; e-pos: info.support@ udtrucks.co.za; tel. 012 564 9500.

 ??  ?? UD Trucks se Quester-reeks is taai en maklik om te onderhou. Dit kan harde daaglikse gebruik weerstaan, ook weg van die pad af.
UD Trucks se Quester-reeks is taai en maklik om te onderhou. Dit kan harde daaglikse gebruik weerstaan, ook weg van die pad af.
 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? UD Trucks se vervoerkon­sultante oorweeg verskeie faktore wanneer hulle raad aan kopers gee oor watter voertuig om aan te skaf. Die maatskappy is ook trots op sy na-verkopedie­ns.
FOTO’S: VERSKAF UD Trucks se vervoerkon­sultante oorweeg verskeie faktore wanneer hulle raad aan kopers gee oor watter voertuig om aan te skaf. Die maatskappy is ook trots op sy na-verkopedie­ns.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa