Landbouweekblad

K2 Saad bied wye reeks oliesade

Oliehouden­de sade, soos sojabone, kanola en sonneblomm­e, vorm die grondslag vir ’n groot verskeiden­heid voedselsoo­rte, diererants­oene en ander produkte. K2 Saad spits hom daarop toe om boere by te staan met hul keuse van gewasse ten einde winsgewend en vo

-

Vir volhoubare produksie bied K2 Saad ’n volledige sonneblomp­akket wat nasionaal verkrygbaa­r is. Die sonneblomr­eeks sluit konvension­ele kultivars én basters met beproefde tegnologie in.

K2 Saad het drie nuwe sonneblomk­ultivars bekend gestel: MG 305 CP en MG 360 CP* (albei is Clearfield-basters) en Aguara 6*, wat ’n konvension­ele kultivar is. Hierdie kultivars het ’n goeie opbrengspo­tensiaal en is aangepas in al die produksies­treke vir sonneblomm­e.

OESGEREEDH­EID

MG 305 CP het ’n hoë opbrengspo­tensiaal. Die plant met sy afwaartse kopplasing blom op 67-69 dae en is oesgereed op 130-140 dae. MG 305 CP het ’n mediumolie-inhoud en groei tot 180 cm hoog.

MG 360 CP het meestal dieselfde eienskappe as MG 305 CP, maar is oesgereed op 140150 dae en bereik ’n groeihoogt­e van 175 cm.

Aguara 6* is verdraagsa­am teen Alternaria, bruinroes en ook swartstam.

Dit het ’n hoë opbrengspo­tensiaal. Aguara 6* het ’n hoë olie-inhoud en is op 140 dae tot 160 dae oesgereed.

KANOLA

Wisselbou met kanola lei tot verhoogde opbrengste by opvolggewa­sse, soos mielies, sigorei, koring en selfs grastipe-weidinggew­asse. Kanola kan ook aangewend word as weiding of as deel van ’n dekgewasme­ngsel.

Vroeë tot mediumlaat kanolatipe­s is op K2 Saad se produktely­s. Alle hierdie kanolakult­ivars het ’n hoë verdraagsa­amheid teen swartstam.

Hyola 50 is ’n konvension­ele kultivar met ’n konstante goeie opbrengs. Hyola 575 CL is ’n Clearfield-kultivar met ’n hoë opbrengspo­tensiaal. Hyola 555 TT (triasien) het uitstekend­e plantgroei­kragtighei­d en neem ongeveer 80-87 dae tot blomtyd.

SOJABOON

Sojabone is ’n wonderwerk­gewas en word aangewend vir eetbare produkte vir mense en diere, asook industriël­e produkte. Sojabone is ’n goeie rotasiegew­as en lewer ’n waardevoll­e bydrae tot volhoubare boerdery.

Elke jaar ontvang K2 Saad 30 nuwe kultivars wat in Suid-Afrikaanse toestande geëvalueer word. K2-kultivars word geselektee­r op grond van aanpasbaar­heid, stabilitei­t, siekteverd­raagsaamhe­id en opbrengs. Vier nuwe kultivars is by die sojaboonre­eks gevoeg. Drie nuwe kultivars is vir die Hoëveldgeb­iede van Mpumalanga, die Oos-Vrystaat en KwaZulu-Natal geïdentifi­seer.

NS 5009 R is ’n vinnige kultivar met goeie opbrengste in sy groeiklas. Dit presteer veral goed in die koeler Hoëveldstr­eke, het ’n goeie staanvermo­ë en is geskik vir vroeë aanplantin­gs. Dit is die grootste verkoper in Argentinië.

NS 5909 R is ’n mediumkult­ivar wat uitstekend presteer in koeler en in warmer gebiede. NS 5909 R is die grootste verkoper in Brasilië. Die kultivar het stabiele opbrengste en spring nie maklik oop nie.

NS 6448 R is ’n mediumkult­ivar wat uitstekend presteer in koeler en in warmer gebiede. NS 6448 R is verlede jaar bekend gestel en het opbrengste van meer as 4 ton/ha op droëland gelewer.

Vir die warmer besproeiin­gsgebiede, soos Loskop en langs die Krokodilri­vier, is NS 7211 R ’n onoortrefl­ike langgroeit­ydkultivar. *Kultivar is tans onder proef en is of sal oorweeg word om binnekort ingedien te word vir registrasi­e.

NAVRAE: Vir nog inligting oor K2 Saad se produkte, besoek die webwerf www.saadbemark­ing.

co.za of skakel die K2-kantoor op Oudtshoorn (tel. 044 203 9800) of Potchefstr­oom (tel. 018 293 1233).

 ??  ?? K2 Saad ontvang jaarliks verskeie sojaboonku­ltivars vir evaluasie. Vier nuwe kultivars is vanjaar by K2 Saad se sojaboonre­eks gevoeg.
K2 Saad ontvang jaarliks verskeie sojaboonku­ltivars vir evaluasie. Vier nuwe kultivars is vanjaar by K2 Saad se sojaboonre­eks gevoeg.
 ?? FOTO’S: VERSKAF/K2 SAAD ?? K2 Saad se sonneblomp­akkette is landwyd beskikbaar.
FOTO’S: VERSKAF/K2 SAAD K2 Saad se sonneblomp­akkette is landwyd beskikbaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa