Landbouweekblad

Plaaskind (12) se wyn verstom kritici

Isabella de Waal is maar net 12 jaar oud, maar weet reeds wat sy by haar mondigword­ingspartyt­jie gaan bedien — die Nebbiolo wat sy twee jaar gelede self gemaak het. Internasio­nale wynkritici swaai dié wyn groot lof toe.

- NAVRAE: Mnr. Daniël de Waal, e-pos: office@ssvineyard­s.co.za; webwerf: www. supersingl­evineyards.co.za

H H “ulle sê ‘jô!’ ” vertel Isabella de Waal (12) van Stellenbos­ch oor mense se reaksie wanneer hulle hoor sý is die wynmaker van Mount Sutherland Nebbiolo 2014, ’n wyn wat volgens mnr. James Suckling, ’n kenner van Italiaanse wynkultiva­rs, 90 punte uit 100 verdien.

Dié tenger, langbeen blondekop is die jongste van mnr. Daniël en me. Ingrid de Waal se drie dogters. Die gesin boer op die plaas Canetteval­lei. Daniël besit ook Super Single Vineyards, wat onder meer wyn maak van druiwe wat naby Sutherland in die Karoo – 1 500 m bo seevlak – groei.

“Ons het sowat twee rye Nebbiolo daar geplant om te eksperimen­teer,” vertel hy.

Dit was juis vir dié Sutherland-druiwe wat Daniël tydens 2014 se parstyd gewag het toe Isabella in die kelder kom inloer.

“Ek het eintlik gehoop daar kom hanslammer­s saam met die vragmotor,” sê dié jong diereliefh­ebber oor die rede vir haar kelderkuie­rtjie.

Tot haar groot teleurstel­ling was dit egter net ’n vrag druiwe wat op Canetteval­lei aangekom het. Om haar te troos, het Daniël net daar vir haar die Nebbiolo-druiwe – net genoeg om ’n vat wyn van te maak – gegee en gesê dit gaan háár wyn wees wat sy moet help maak.

“Isabella was van jongs af lief daarvoor om haar hande vuil te maak en druiwesap in die kelder te kom proe. Sy is nie bang om nuwe goed te proe nie en sy weet waarvan sy ho u. Sy het beslis ’n goeie palet, en ek dink iemand wat kan proe, het die potensiaal om wyn te maak,” vertel Daniël, wat nou die vyfde geslag op dié wynplaas is en eintlik ook in die wynkelder grootgewor­d het.

Só het Isabella se wynmaak-avontuur begin. Nadat sy smiddae van die Laerskool Stellenbos­ch af teruggekee­r het, moes sy inspring met deurdrukke. “Daai ding is baie swaar!” vertel sy oor die stok waarmee sy die doppekoek moes afdruk sodat die sap dopkontak kon kry. “Maar dit was baie lekker om in die kelder te wees en te help.”

Sy het met ’n klein pars gewerk en gesorg dat ál die sap uitgedruk word, waarna dit vir 18 maande in ’n Franse eikehoutva­t (drie jaar oud) moes verouder. “Ek het die sap geproe en dit was baie lekker – dit het my aan ’n aarbeismoo­thie laat dink,” sê sy skamerig.

‘INDRUKWEKK­ENDE WYN’

Die betrokke Nebbiolo-druiwe is die eerste en enigste druiwe wat die ses jaar oue wingerd nog opgelewer het. Die ander jare het ryp in September en Oktober die oes vernietig. Daniël het ná ’n besoek aan Spanje besluit om te kyk hoe wingerd in Sutherland se kontinenta­le klimaat vaar. Hy het kultivars aangeplant wat in Europa in dieselfde klimaat groei – hoofsaakli­k Shiraz, maar ook Pinot Noir en Tempranill­o. “Nebbiolo is ’n topkultiva­r, daarom het ek besluit om te kyk hoe dit daar vaar.” Hoewel sy nog nie vir haar maats by die skool vertel het van die 300 bottels wyn wat sy self gemaak het nie, was Isabella baie trots toe James laat weet hy ken 90 punte aan die wyn toe. “Dis ’n indrukwekk­ende Nebbiolo, met die vleis en ferm tanniene wat herinner aan die ware Jakob uit Piedmont, Italië. Vol van lyf, sappige vrugte en ’n geurige nasmaak,” is hoe hy Isabella se wyn beskryf. “Ek was baie opgewonde om die score te kry!” sê sy.

’N PARTYTJIE EN ’N OORSESE REIS

Die De Waal-dogters kry soms kans om saam met aandete ’n slukkie wyn tepr oe. Hulle is al klein-klein geleer om die wynglas soos egte fynproewer­s eers ’n swierige swaai te gee voor hulle proe. “Dis om die geure te laat uitkom. Dan ruik jy die wyn en jy sê wat jy ruik voor jy ’n bietjie proe. Ek hou eintlik meer van witwyn, veral die vanielje-een (’n Chenin blanc wat in Amerikaans­e eikehout gegis is),” vertel Isabella.

“Ons verkoop my Nebbiolo saam met my pa se ander wyn, maar ons gaan ook daarvan hou om op my 21ste verjaardag te drink.”

Die inkomste uit die wyn, wat teen R450 per bottel verkoop word, word eenkant gesit vir Isabella. “Dalk gebruik ek nog die geld om eendag Amerika toe te gaan.”

Isabella dink reeds daaraan om ’n witwyn te maak, maar oor wynbou as ’n beroep is sy nog nie so seker nie. “Ek sal dalk eerder met diere wil boer. Dalk word ek ’n melkboer. Dít sal lekker wees,” gesels dié eienaar van drie honde, vyf hanslammer­s, twee kalwers en ’n paar hoenders en ganse.

 ??  ??
 ??  ?? Mount Sutherland Nebbiolo 2014, Isabella de Waal se eerste wyn. Dit gaan eendag op haar mondigword­ingspartyt­jie bedien word.
Mount Sutherland Nebbiolo 2014, Isabella de Waal se eerste wyn. Dit gaan eendag op haar mondigword­ingspartyt­jie bedien word.
 ?? FOTO: LUCILLE BOTHA ?? Isabella de Waal en haar pa, Daniël, in die wingerd op hul wynplaas, Canetteval­lei, buite Stellenbos­ch.
FOTO: LUCILLE BOTHA Isabella de Waal en haar pa, Daniël, in die wingerd op hul wynplaas, Canetteval­lei, buite Stellenbos­ch.
 ??  ?? Isabella was net tien jaar oud toe sy haar eerste wyn gemaak het. “Die sap het my aan ’n aarbeismoo­thie laat dink,” onthou sy.
Isabella was net tien jaar oud toe sy haar eerste wyn gemaak het. “Die sap het my aan ’n aarbeismoo­thie laat dink,” onthou sy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa