Wat eet ons vanaand?
Die kombinasie van sagte, oondgeroosterde groente en vars tuingroente saam met kekerertjies is vullend genoeg om as ete te geniet, maar dit is net so lekker saam met geroosterde hoender, lamsvleis of beesvleis.
Koeskoesslaai
250 ml koeskoes 250 ml kokende hoenderaftreksel 15 ml olyfolie, plus ekstra Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak Halwe klein botterskorsie, met skil en al in dun wiggies gesny 1 blik (410 g) kekerertjies, gedreineer en afgespoel 5 ml komyn Bossie vars aspersies, in stukke gesny en liggies gestoom 250 ml vars groen-ertjies 100 g ontpitte groen olywe
Slaaisous
80 ml karringmelk 100 ml natuurlike jogurt 100 ml basiliepesto 30 ml fyngerasperde parmesaankaas 15 ml wit asyn 5 ml fyngerasperde suurlemoenskil 1 ml sout 1 ml vars gemaalde swartpeper Paar druppels heuning
Sit die koeskoes in ’n bak en voeg die aftreksel en olie by. Roer liggies en bedek lugdig. Laat staan vir 2-3 minute. Vlok met ’n vurk, geur met sout en peper en bedek weer. Laat stoom vir ’n paar minute tot die koeskoes lig en uitgeswel is. Hou eenkant.
Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit die botterskorsiewiggies in