Landbouweekblad

Kostestygi­ngs ’n gevoelige slag vir boere

- — ALANI JANEKE

GROOT kommer heers oor die uitwerking wat verskeie kostestygi­ngs op die lewensvatb­aarheid van talle aartappelb­oere kan hê.

Dr. André Jooste, uitvoerend­e hoof van Aartappels SA, sê veral die instelling van die nasionale minimum loon kan ’n uiters ongunstige uitwerking op werkgeleen­thede in die bedryf hê, “veral omdat die produksie van aartappels so arbeidsint­ensief is”.

Jooste meen die skerp styging in arbeidskos­te kan lei tot meganisasi­e, wat weer armoede in landelike gemeenskap­pe sal vererger. “Dit is soos om ’n klippie in die water te gooi – die aanvanklik­e aksie kring al hoe wyer uit.”

Aartappels SA het die uitwerking van al die beoogde kostestygi­ngs op ’n gemiddelde plaas in Limpopo, Suid-Afrika se grootste aartappelp­roduksiege­bied, se opbrengs op belegging bepaal. Op die aanname dat die daaglikse loon volgende jaar met 17% moet styg om aan die nasionale minimum loon te voldoen, en as die aantal werkgeleen­thede onverander­d bly, sal die totale arbeidskos­te op ’n tipiese aartappelp­laas aanstaande jaar R409 000 meer wees. Lone kan in 2019 met nog 11% styg, wat ’n verdere R313 000 beloop.

Daarby word verwag dat kunsmispry­se volgende jaar met 10,6% gaan styg – ’n toename van R260 000 in die kunsmiskos­te van ’n gemiddelde aartappelp­laas. Elektrisit­eitspryse kan met 19,9% styg, wat nog R251 000 tot die produksiek­oste van ’n gemiddelde aartappelp­laas voeg.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa