Landbouweekblad

VERSEKER SÓ TEEN VOËLGRIEP

- — CARIEN KRUGER

SUID-AFRIKA se ekonomie het na raming tot dusver minstens R3 miljard se skade weens die hoogs aansteekli­ke H5N8-voëlgriepv­irus gely.

Tog is min ondernemin­gs blykbaar daarteen verseker. Só sê mnr. Pierre du Preez, verhouding­sbestuurde­r by Afgri se Unigro Financial Services, wat sedert Augustus ’n produk van Lloyds of London in Brittanje bemark wat dekking teen voëlgriep insluit.

Hy sê wêreldwyd is daar ’n paar versekeraa­rs wat dekking teen voëlgriep bied, maar die meeste is huiwerig vir dekking buite Europa en Amerika weens regerings se trae reaksie met uitbreking­s.

“In die Europese Unie en Amerika word gevalle onmiddelli­k aangemeld en plase onder kwarantyn geplaas, wat die verspreidi­ng in sy spore stuit. Staatsverg­oeding bied ’n vangnet wat die boere beskerm en aanmoedig om gevalle vroegtydig aan te meld.

“In Suid-Afrika kyk mense soms egter eers of hulle die probleem self kan oplos. As dit dan hand uitruk, stel hulle die staat in kennis, wat soms traag is om te reageer.”

Die versekerin­gsproduk is op voëlgriep toegespits, maar kan uitgebrei word om omvattende dekking vir bates, soos hokke, in te sluit.

Dit kan ook ander siektes, soos Newcastle-siekte, Mycoplasma gallisepti­cum en salmonella, en verlies aan inkomste weens die onderbreki­ng van die boerdery, insluit.

Premies kan wissel van 1% tot 10% van die waarde van ’n totale broeisel, na gelang van die boerdery se risikoprof­iel. ’n Boer se vlak van biosekerhe­id bepaal of hy dekking kan kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa