Landbouweekblad

Vereniging word 40 en eer uitnemendh­eid in die landbou

- DR. ANNEMIE ERASMUS van die LNR se Instituut vir Graan-

MNR. CHARLES BACK, eienaar van die wyn-en-kaaslandgo­ed Fairview by die Paarl, is Landbouskr­ywers SA se 2017 Boer van die Jaar. Hy het Fairview van ’n familiepla­as ontwikkel in ’n internasio­naal bekende landgoed wat wyn en kaas van wêreldgeha­lte produseer.

Hy word allerweë as ’n pionier in Suid-Afrika se wynbedryf beskou. Onder sy leiding was die Fairview-span die eerste wat wynkultiva­rs, soos Viognier, Tempra- nillo, Tannat, Sangiovese en Petite Sirah, ingevoer het. Hy het die eerste bokmelkfab­riek in Suid-Afrika opgerig. Dit word deesdae as ’n koolstofne­utrale instelling bedryf.

MNR. WARREN BAM van Tulbagh verbou organiese uitvoertaf­eldruiwe. Hy is aangewys as die Nuwe Toetreder van die Jaar tot die Kommersiël­e Landbou.

Bam, ’n boorling van Saron, het 13 jaar gelede saam met mnr. Breda van Niekerk begin boer. Sy pa, Herman, het 32 jaar lank vir Van Niekerk se pa, Ben, op hul familiepla­as, Lushof, by Saron gewerk.

Warren is in 2004 as plaasbestu­urder op Lushof aangestel, en nadat die plaas in 2006 aan Dreammaker Fruits verkoop is, het hy die kans gekry om oorsee ervaring op te doen. Hy het in 2015 met ’n langtermyn-huurkontra­k op die buurplaas Gunsteling vir homself begin boer. Mnr. Johan van Niekerk, die eienaar, het Bam sedertdien die opsie gebied om die grond waarop hy boer te koop, onderworpe aan die onderverde­ling van die grond.

gewasse in Potchefstr­oom is die Landboukun­dige van die Jaar. Sy is veral bekend vir haar navorsing oor die mieliestam­boorder en die benutting van Bt-tegnologie as deel van ’n geïntegree­rde plaagbestr­ydingstels­el. Sy is gereeld ’n spreker op boeredae, waar sy praat oor die gratis ekodienste wat ’n diverse en gebalansee­rde insektegem­eenskap in ’n bewaringsb­oerderyste­lsel kan lewer.

Sy bestudeer al jare die ontwikkeli­ng van weerstandi­gheid teen Bt-tegnologie en die uitwerking van GM mielies op die omgewing. Deesdae spits sy haar ook toe op die bestryding van die nuwe indringerp­laag, die herfskomma­ndowurm.

 ??  ?? Van links is mnre. Charles Back, Warren Bam en dr. Annemie Erasmus.
Van links is mnre. Charles Back, Warren Bam en dr. Annemie Erasmus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa